Wees hierdie somer son-slim met UV-Smart-armbande, beskikbaar by die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se landwye sorgsentrums. Die armband raak donkerder soos die bestraling toeneem en dui aan hoe om sonskade te vermy. Dis 'n móét as jy dol is oor die buitelug en is ook 'n oulike geskenk.
- Olivia Rose-Innes, EnviroHealth Editor, Health24, November 2012