Share

Wat die gebruikers sê - Power Plate

Isabelle Luker (58), Umhlanga Rocks

Ek het twee jaar gelede vyf maande lank drie keer per week 'n Power Plate-kursus gevolg – met 'n persoonlike afrigter. Daarna het ek dit 'n ruk lank gelos, maar toe my gimnasium nuwe Power Plates kry, het ek dadelik opgeklim en die spoed op medium gestel. Die skok het my oë byna uit hul kaste geruk! As gevolg daarvan het ek 'n besering ontwikkel waar die retina van die oogbol lostrek, iets wat tot blindheid kan lei. 

Enigiemand wat besluit om dié platforms te gebruik, moet versigtig te werk gaan. Dit is noodsaaklik dat jy op die laagste spoed begin, selfs al het jy dit al vantevore gedoen. Dit was my fout. Ek moet byvoeg dat ek die afgelope twee maande saam met 'n persoonlike afrigter oefen. Ek doen geen vibrasie-oefening nie en my spiertonus is beter as toe ek vyf maande lank die Power Plate gebruik het.

Kate Turner (28), Johannesburg

Ek het al omtrent vyf Power Plate-sessies van ongeveer tien minute elk by 'n gymnasium gedoen, elke keer sonder toesig. Ek gebruik die platform ná oefensessies en dis nogal pret om tien minute lank te staan en "rus" terwyl jou hele liggaam wikkel en woel. Ja, ek het 3kg afgeskud, maar ek dink dit is te danke aan my 90 minute lange sessies op die loopmasjien en 'n streng dieet. Eintlik dink ek nie die masjien doen juis veel nie. Ek is maar skepties.

Tony Mills (69), Port Elizabeth

Ek is baie aktief, en 'n ruk lank het ek drie keer per week 30 minute lank in 'n klein klassie met 'n instrukteur op die Power Plate geoefen. Ek dink die Power Plate het spiere opgekikker wat ek nie gebruik wanneer ek soos gewoonlik vinnig stap of roei nie. Ek dink my bloedsomloop het verbeter en dit is ook goed vir my libido. My ondervinding is positief, maar ek sou mense aanraai om dit nie te oordryf nie.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE