Share

Sportverslawing verwoes verhoudings

Om sport te kyk, is lekker vir mense wat sportmal is, maar party geesdriftiges kan só op sport gefikseer raak dat dit hulle verhoudings en lewenskwaliteit bedreig, waarsku ’n deskundige. 

Josh Klapow, ’n kliniese sielkundige aan die Universiteit van Alabama in Birmingham se School of Public Health, wys daarop dat daar ’n groot verskil tussen ’n toegewyde ondersteuner en ’n sportverslaafde is.

"Wat saak maak is nie hoeveel tyd jy daaraan bestee om die wedstryd te kyk nie, maar of hierdie aktiwiteit negatiewe gedragspatrone in jou lewe veroorsaak. Of dit nou 10 uur per week of 40 is – wat saak maak, is die effek op jou verpligtinge in die werklike lewe,” verduidelik hy.

Klapow het ’n paar riglyne vasgelê om mense te help om uit te werk of hulle liefde vir sport net ’n lekker tydverdryf is of ’n ongesonde obsessie. Die volgende gedrag mag ’n teken wees dat ’n sportgeesdriftige sy voeling met die werklikheid verloor en besig is om verslaaf te raak:

  • Oor sport dink terwyl hy met ander dinge besig is.
  • Geïrriteerd raak as ’n wedstryd onderbreek word.
  • Die vermyding van belangrike familie- of ander byeenkomste om ’n wedstryd te kyk.
  • Depressief, kwaad of gewelddadig raak wanneer ’n sekere span verloor.

Klapow se slotsom is dat iemand wat hierdie soort gedrag openbaar, hulp moet soek vir hul verslaafdheid vóór dit hulle verhoudings met die mense vir wie hulle omgee, benadeel. Hy sê, soos in die geval van enige ander verslaafdheid, moet mense wat hierdie gedragspatrone by iemand anders waarneem, nie bang wees om oor die probleem te praat nie. 

"Dit is basies ’n gewoonte wat moet verander, en om vordering te maak, beteken dat jy jou gedrag moet verander, een treetjie op ’n slag,” sê Klapow. 

Hy stel voor dat enigiemand wat probeer om ’n obsessie met sport te beheer, ’n aantal stappe kan neem om te help om hulle gedrag aan te pas, insluitende: 

  • Hou boek van hoeveel tyd per week sport gekyk, geluister of aanlyn gespeel word.
  • Beperk blootstelling aan sportgebeure tot een per week vir twee uur of minder.
  • Vra vriende en familie om te help met besluite of sportgebeure wat met belangrike okkasies soos verjaardae, herdenkings en ander byeenkomste bots, oorgeslaan moet word of nie.
  • Doen iets anders. Eerder as om sport te kyk of luister, doen oefening of neem deel aan sosiale aktiwiteite saam met familie of vriende. 
  • Kry hulp van ’n professionele sielkundige om te help om ’n obsessie met sport te beheer.

"Om sport te kyk, is vir baie mense ’n ontsnapping van die werklikheid wat hulle in staat stel om nie oor probleme of gevoelens te dink wat hulle liewer wil vermy nie. Maar hoe langer die situasie aangaan, hoe groter die probleem en hoe meer verhoudings sal dit uiteindelik verwoes,” sluit Klapow af. “Professionele hulp kan dinge verander.” 

Meer inligting:

Die U.S. National Institute on Drug Abuse verskaf meer inligting oor die wetenskap van verslawing.


(Kopiereg © 2010 HealthDay. Alle regte voorbehou.) 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE