Share

Ons het dit probeer

Natalie du Toit: 'Ek kan steeds met vriende tennis speel'

Iemand vir wie Wii groot pret is, is die Olimpiese swemmer Natalie du Toit. Omdat sy nie aan  gewone sport kan deelneem nie, laat die speletjies haar toe om steeds te voel hoe dit is om tennis te speel en deel te wees van 'n groep vriende wat speel.

"Ek is dol daaroor. Ek dink dit is groot pret, uitstekende ontspanning en goeie vermaak! Ek speel

graag saam met my bestuurder se dogter, Nicole, en as ons gaste het, speel selfs die volwassenes," vertel Natalie. En hoewel sy dit nie met gewone oefening kan vergelyk nie, het sy al agtergekom sy is die volgende dag effens styf, veral ná 'n tennissessie.

 

Lisa Booysen: 'My kind se balans het verbeter'

Danie Booysen (8) van Benoni in Gauteng neem aan buitemuurse sport deel. Sy ma, Lisa, het op 'n dag opgemerk Danie hardloop skeef. 'n Fisioterapeut het vasgestel sy middelste maagspiere is onderontwikkel en belemmer sy balans.

Die terapeut het met balansoefeninge Danie se maagspiere versterk, maar ook aanbeveel dat Lisa die Wii-balanseerbord aanskaf waarmee 'n mens omtrent veertig verskillende balansspeletjies kan speel. Lisa meen dit het Danie beslis gehelp en daar is 'n verbetering in sy balans, terwyl haar twee dogters groot pret daarmee het.

 

Christo van Zyl: 'Hulle is nou verveeld daarmee'

Christo van Zyl van Fourways in Johannesburg het 'n verskeidenheid Wii-speletjies vir sy twee jong seuns, Jaco (8) en Stefan (11), gekoop. "Aanvanklik was dit lekker en die seuns het amper elke dag gespeel. Hulle is oor die algemeen aktief, maar dit lyk nou of hulle begin belangstelling verloor. Die

twee het onlangs 'n karate-fliek gesien en is nou knaend dat hulle eerder karatelesse wil neem."

Hy meen die speletjies is oulik, maar omdat sy seuns nog altyd aktief was, het hulle nie juis meer oefening gekry as voorheen nie.

 

Jeremy Petersen: 'Ek het 6kg verloor'

Jeremy Petersen, Huisgenoot se kopie-koördineerder, het die Wii Fit getoets. Ná 'n eenvoudige toets op die balanseerbord het 'n program op die skerm verskyn met 'n paar eenvoudige oefeninge om Jeremy se balans en soepelheid te verbeter. Hy het die oefeninge drie maande lank drie keer per week gedoen.

"My hoofdoel was om gewig te verloor," sê hy. Hy was styf ná die oefening, maar het nooit gevoel asof hy aan die genade oorgelaat is nie omdat 'n persoonlike afrigter op die skerm presies gewys het wat hy moes doen. Jeremy meen daar is altyd 'n kans dat jy jouself kan beseer, maar as 'n mens die aanwysings mooi volg, is die kanse skraal. Hy het 6 kg verloor en sê hy is nou fikser.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE