Share

Maklik fiks

Hou jou lyf moeiteloos soepel met die nuutste oefentoerusting.
Deur BETINA LOUW EN MARIé JOUBERT

Dapper stapper

Met die Cielo Paso Pulse-pedometer kan jy die treë aftel en aan die einde van die dag presies weet hoeveel energie jy verbrand het. (Die masjien dui ongelukkig net kalorieë aan; hou maar jou sakrekenaar byderhand en vermeningvuldig met 4,2 om die kilojoules uit te werk.)

As jy sien hoe vinnig die kalorieë verbrand wanneer jy die trappe kies pleks van die hysbak, is jy dalk voor die einde van die jaar in 'n bikini. Dit werk met die nuutste bewegingsensitiwiteit-tegnologie en daar is twee verstellings: "hardloop" en "loop". Dra dit aan jou gewrig of enkel.

Prys: Sowat R149,95 by Sportsmans Warehouse

Springlewendig

Sukkel jy om telling te hou terwyl jy touspring? Danksy die Talking Digital Skipping Rope, 'n digitale, pratende springtou, hoef dit nooit weer 'n probleem te wees nie . . . dié springtou tel sommer vir jou. Daarby meet dit ook hoeveel kalorieë jy verbrand. (Die masjien dui ongelukkig nie kilojoules aan nie, vermenigvuldig met 4,2 om dit uit te werk.)

Jou springtou vertel jou ook hoe lank jy reeds oefen, en hoe lank jy nog moet oefen.

Prys: Sowat R179,95 by uitgesoekte sportwinkels

 

Balbeheer

Die Powerball 250Hz Classic is 'n bal binne-in 'n bal wat klein genoeg is om in jou handpalm te pas, maar wat jou lekker kan laat sweet. Trek die toutjie om die binneste bal te laat tol en hou die Powerball dan met albei hande vas. Dit tol teen tot 16 000 revolusies per minuut en jy sal styf moet vashou om dit nie te laat val nie.

Dit oefen jou arms, skouers en gewrigte en help ook met die rehabilitasie van gewrigsbeserings. Musikante kan dit gebruik vir beter handkoördinasie.

Prys: Sowat R249, 95 by Sportsmans Warehouse

Trap-nie-so-suutjies

Dié veelsydige en kompakte oefentrap van Reebok kan maklik weggebêre en weer nader getrek word wanneer jy wil oefen. Die dek kan op drie verskillende hoogtes gestel word vir trapoefeninge en oefeninge met gewigte.

Die rubber-bokant is gly- en slytbestand.

Prys: Sowat R1 499,95 by uitgesoekte sportwinkels

Oproltekkies

Vir naweek-reisigers of mense wat etenstyd gimnasium toe draf, is Reebok se nuwe SmoothFit Mobility-oefenskoene ideaal. Jy kan hulle oprol om die minimum pakplek op te neem, maar hulle sal steeds jou voete ondersteun omdat hulle van liggewig-rubber van 'n hoë gehalte gemaak is.

Prys: Sowat R1 099,95 by uitgesoekte sportwinkels

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE