Share

Kry 'n swemmerslyf

Almal weet dat ’n swemmerslyf baie gesog is. As ’n mens na prageksemplare soos Roland Schoeman en Ryk Neethling kyk, is swem beslis die regte manier om ’n begeerlike liggaam te ontwikkel – of hoe? 

Niemand sal hiermee stry nie, maar as jy die lyf van ’n Olimpiese swemmer wil hê, sal jy egter ’n gereëlde swemskedule met gewigsoefeninge moet kombineer.
 
’n Tipiese swemmerslyf is V-vormig, d.w.s. breë skouers en ’n slanke, lenige middellyf. Gereëlde swemmers ontwikkel gespierde arms en bene, goed-gedefinieerde rugspiere en wonderlike maagspiere. 

Soos met ander aantreklike liggame ontwikkel ’n mens nie oornag ’n swemmerslyf nie, en so ’n lyf moet natuurlik ook in stand gehou word. Die wonderlike ding van swem is dat dit ’n goeie manier is om fiks te raak, en – miskien nog belangriker – om fiks te bly.  

Swem behels die hele liggaam, anders as hardloop wat net die onderste deel van die liggaam oefen, en gewigstoot wat hoofsaaklik op die bolyf konsentreer. Swem is ook ’n wonderlike vorm van kardiovaskulêre oefening, en omdat daar geen stremming op die gewrigte geplaas word nie, veroorsaak dit ook geen skade nie.

Tegnieke en spiergroepe

Volgens Livestrong.com oefen hierdie vier swem-tegnieke die meeste van jou spiergroepe: vryslag, borsslag, rugslag en vlinderslag. 

Wanneer ’n mens vryslag of vlinderslag doen (hulle is baie soortgelyk), oefen jy jou boonste borsspiere, skouerspiere, biseps en triseps. 

Rugslag werk die rugspiere, borsspiere, biseps en triseps, terwyl borsslag die rugspiere, deltaspiere, bragiale spiere en die borsspiere oefen.

Met al hierdie swem-tegnieke oefen jy met die skopbewegings wat jy uitvoer ook jou beenspiere. Die betrokke beenspiere is: die adduktor-, kwadriseps-, boud- en kuitspiere.  

Eenvoudige oefeninge

Swem mag pret wees, maar nie almal het die natuurlike vermoë om ’n perfekte rugslag uit te voer nie. Kyk na hierdie video vir ’n paar maklike oefeninge wat jy in die swembad kan doen, en wat kan help om jou lyf nommer pas te kry vir die somer. 

 


Swem kan ook net vir die pret gedoen word en hoef nooit vervelig of eentonig te wees nie. Geniet die somer en maak seker jy bly fiks en gesond!

(Health24, Kyle Boshoff, Oktober 2011)

(Verwysings:  Livestrong.com, swimmersbody.net, sgfitness.com, abc.net, prohealth.com, swimsa.org, dietandfitnesstoday.com)
(Video: YouTube/Self Magazine)
 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE