Share

Gee jou fiksheidsplan 'n hupstoot

So, jy't besluit om weer die gym aan te durf en gesonder te lewe – maar jy wil sommer dadelik resultate sien, en boonop is dit moeilik om die tyd te vind. Volgens Darren Jacobson (produkhoof van Virgin Active Suid-Afrika) gaan dit oor die regte plan.

"Ná die vakansie wil baie mense gewig verloor en gesonder begin lewe. Ongelukkig gooi die meeste mense na 'n paar weke tou op omdat hulle nie weet waar om te begin nie, of sonder 'n definitiewe plan begin, en motivering verloor wanneer hulle na die eerste week nog geen resultate sien nie."

Om te verseker dat jy volhard, het Darren praktiese raad om te help dat jy in 2011 gemotiveer bly:

Stel realistiese mikpunte: Baseer jou mikpunte op jou huidige gesondheidstatus, en nie waar jy was toe jy die vorige keer ophou oefen het nie. Ná die vakansie kan dit moeilik wees om weer in 'n fiksheidsroetine te kom, of jy kom agter dat jy nie meer so fluks oefen soos verlede jaar nie. As jy realistiese mikpunte het, sal dit ook makliker wees om jou doelwit te bereik.

Begin stadig, pas aan en wees prakties: Probeer om aanvanklik nie te veel te doen nie en onthou om tussen oefendae te rus. Rus maak jou liggaam sterker. Maak ook seker jy eet ordentlik, aangesien oefening in samewerking met goeie voeding beter resultate oplewer.

Stel 'n kwartaallikse mikpunt: Konsentreer op onmiddellike, kleiner doelwitte sodat jy uiteindelik ongemerk by die groot mikpunte uitkom. Beloon jouself na elke doelwit, wat beteken dat jy altyd iets het om na uit te sien.

Oefen saam met 'n vriend of kollega: Oefen saam met iemand wat soortgelyke mikpunte het, of gebruik uitdagings om te sorg dat julle altwee gemotiveer bly.

Kies die regte tyd: As jy nie 'n oggend-mens is nie, moenie probeer om jou lyf soggens voor werk gym toe te sleep nie. Vermeerder jou oefen-dae geleidelik. As jy eers net twee dae per week oefen, probeer om hier en daar nog 'n dag by te voeg. Moenie skielik vir ses dae per week mik, en dan alle motivering verloor wanneer jy dit nie regkry nie.

Probeer groep-oefening: Dit is al bewys dat om in groepe te werk, bywoning verhoog, so identifiseer 'n groep-oefenklas wat vir jou werk – iets soosZumba, en skud jou dansvere reg.

Mismoedigheid se Moses:  Dis nie die einde van die wêreld as jy 'n dag se oefen oorslaan, of nie altyd by jou dieet hou nie. Ons maak almal foute, keer net so gou as moontlik weer terug na jou program.

Vra 'n deskundige: Praat met 'n fiksheidsdeskundige, persoonlike afrigter of goed-ingeligte vriend wanneer jy jou program beplan. Sluit aan by 'n program wat op jou persoonlike behoeftes fokus.

Visualiseer jou doelwit: Skep 'n sterk gedagtebeeld van hoe daardie oomblik sal voel, ruik, smaak – dit is jou beste motivering.

Enige soort oefening help: Oefening vind nie net in 'n gym plaas nie. Daar is dinge wat jy by die huis of by die werk kan doen om jou energieverbruik op te stoot. Klim die trappe eerder as om die hysbak te gebruik, los die trollie en dra jou inkopiesakke na jou motor, wat hopelik nie te naby aan die ingang van die winkelsentrum geparkeer is nie. Hierdie is net twee maklike wysigings wat jy aan jou roetine kan aanbring.

"Onthou, dit gaan alles oor 'n gebalanseerde lewenstyl. Bly aan die beweeg, kry genoeg rus en eet gesond," sê Darren.

Vir meer inligting oor Virgin Active, of oor hoe om te begin oefen, besoek  www.virginactive.co.za of bel 0860 200 911.

Lees verder:
Tuis-gym mislukings
Ons soek die fiksste atleet

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE