Share

Flous die vet hierdie winter

Soos die dae korter word en die temperatuur daal, word dit al hoe moeiliker om te kies tussen opstaan en oefening te doen en om gemaklik op die rusbank te nestel met 'n koppie warm sop en 'n lekker boek. Dit is een rede hoekom die vetjies so vinnig gedurende die wintermaande inrol.

Gelukkig is daar raad. Ons het by die deskundiges gaan kers opsteek en 'n paar idees en wenke oor oefening saamgestel oor hoe om jou figuur vir die volgende strandseisoen te behou.

"As jy 'n buitelugmens is, is dit beslis moeiliker om gedurende die winter aan die gang te bly, maar daar is oorgenoeg binnehuise aktiwiteite om jou gedurende hierdie tyd fiks en gesond te hou," sê Fran Venter, die Nasionale Fiksheidbestuurder van Virgin Active SA.

Die top 5 winter-aktiwiteite

Die gym: Dit is altyd 'n goeie opsie aangesien daar verskeie soorte oefening, van gewigte tot aërobiese oefeninge is om van te kies. Die meeste gyms het ook 'n verhitte binnehuise swembad waar jy 'n paar lengtes kan swem.

Joga of Pilates: Altwee hierdie vorms van oefening is stadig en beheersd, om krag op te bou en op jou kernspiere en stabiliteit te fokus. Die diep asemhaling wat met al die vorms van hierdie soort oefening gepaardgaan, sal ook help om jou van binne warm te hou.

Wandel: Afhangende van die weer is 'n wandeling nommer pas om jou bloed te laat vloei en jou longe met vars lug te vul. Maak seker jy is warm aangetrek en dat jy genoeg vloeistof saamneem om hierdie aktiwiteit ten volle te geniet.

Rugby: Die Vodacom Super 14 is miskien verby, maar dit is geen rede hoekom jy nie die rugbyveld met 'n paar vriende kan aandurf en 'n paar drieë kan druk nie. As jy nog nie fiks is nie, kan jy met aanraak-rugby begin om die bal aan die rol te kry. Baie "touch" klubs is gemeng wat beteken dat mans en vrouens saam kan speel.

Dans: Van baldans tot paaldans en van buikdans tot volksdans is die winter die perfekte tyd om jou dansskoene aan te trek en jou maat om die lyf te vat. Behalwe die goeie oefening wat jy kry, is dans ook 'n baie sosiale aktiwiteit en een van die min soorte oefening vir dames in hoë hake!

Kry jou kop reg!

As jy nog steeds jou oog op die rusbank met sy lekker kussings en die TV het, het Venter die volgende raad om jou te oortuig en jou op die regte pad te hou:

  • Ken die verskil tussen geldige redes en verskonings – bly weg van self-onderhandeling soos, "dit reën vandag, so ek sal liewer môre gym toe gaan".
  • Stel 'n realistiese mikpunt wat jy binne 'n redelike tydperk wil bereik.
  • Visuele aanmaning – wanneer jy jou skedule beplan, kliek op jou gym se webwerf en raadpleeg die rooster om te besluit watter klasse jy wil bywoon. Plak dit op jou rekenaarskerm of yskas as 'n aanmaning en om jou gemotiveer te hou.
  • Dit is belangrik om oefening deel te maak van jou daaglikse roetine sodat jy nie enige ander reëlings gedurende jou geskeduleerde oefentyd maak nie.
  • Beplan vooruit: wanneer jy vir die volgende dag regmaak, pak ook jou gymklere in en sit dit by jou motorsleutels.
  • Kry 'n maat: deur 'n vriend by jou oefening-roetine in te sluit, motiveer julle mekaar om die winterweer te trotseer. Die wete dat julle 'n afspraak het, sal jou help om by jou voornemens te hou. 
  • Probeer iets nuut: dit is belangrik om jou oefen-roetine te varieer – probeer elke week 'n nuwe aktiwiteit.  
  • Venter beveel verder aan: "As jy voel jy het nie gekul nie en is goed op pad om jou doelwit te bereik, beloon jouself met 'n spa-behandeling of 'n aandjie op die rusbank met 'n koppie sop. Dit sal jou motiveer om hierdie winter aan die gang te bly."

Bron: Fran Venter, Nasionale Fiksheidbestuurder van Virgin Active SA; Health24.com

(Amy Henderson, Health24.com, Mei 2008)

Lees verder:
6 stappe om te begin
Vind die regte sport vir jou

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE