Share

Dans! Dis goed vir jou lyf

So help dans jou lyf:

Postuur Wanneer jy dans, staan jy spontaan regop en trek jou lyf jou ruggraat vanself reguit. Dit word later 'n gewoonte om so regop te loop.

Balans Jy moet die heeltyd jou balans hou terwyl jy jou danspassies uitvoer.

Hart 'n Goeie danssessie van 'n uur lank kan jou hartklop tot 120 slae per minuut opstoot, net so vinnig soos 'n aërobiese oefensessie. Jy sal omtrent net soveel kilojoules verbrand soos wanneer jy 5km teen 'n vinnige pas stap.

Spiere Die inspanning wat die dansbewegings van jou spiere vereis, help om die vorm van jou arms en bene te verbeter. Mettertyd sal jy sien hoe jou boarms, kuite en bobene fermer word.

Beendere Dansbewegings hou beendere sterk sonder om onnodige druk op die gewrigte te plaas. Dans verhoog beendigtheid en help so osteoporose voorkom.

Selfvertroue Om te dans voor of saam met 'n klomp mense gee jou selfvertroue 'n hupstoot. Daar is boonop min van ons wat nié breëbors sal wegstap ná 'n foutlose tango nie!

Liggaam en gees Baie studies is al gedoen oor die terapeutiese en geestelike uitwerking van dans op die liggaam. "Dit is omdat die kombinasie van musiek en dans jou gees en liggaam in voeling met mekaar bring in 'n wêreld wat dikwels te veel klem op die buitelewe plaas," sê dr. Melléta Louw, 'n Kaapstadse kliniese sielkundige.

Maak seker jou dansafrigter is gekwalifiseer. Lig hom of haar in as jy gesondheidsprobleme het sodat hulle jou danspassies kan aanpas, en luister na jou liggaam. Neem 'n blaaskans as jy uitgeput voel en moenie jou lyf in posisies probeer dwing waaraan dit nie gewoond is nie.

Besoek www.dancedirectory.co.za en klik op "Search our directory". Kies uit ’n omvattende lys danssoorte en vul in waar jy woon vir inligting oor klasse naby jou.

 

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE