Om hoë berge soos Everest en
Kilimandjaro te klim is letterlik en
figuurlik ’n hoogtepunt. Maar
wat gebeur al die pad boontoe met
jou liggaam?
Deur Marié Joubert,
Health24
Oë Op 4 000 m is die son se
skadelike ultraviolet-strale
15 persent sterker as op seevlak.
Sneeu en wolke maak
dit erger, wat tot rooi
en geswelde oë kan
lei. Bergklimmers moet
die regte oogbeskerming
dra om skade aan die
kornea en sneeublindheid
te voorkom.
Brein Vanaf 2 400 m is
akute bergklimsiekte ’n gevaar,
en dié opeenhoping van
vloeistowwe in die brein en
longe kan dodelik wees.
Klimmers kan begin yl en ál
vlakker en vinniger asemhaal.
Verblindende
hoofpyn en
naarheid is ook gevaartekens.
Met dié simptome
moet jy
dadelik van die berg afkom!
Longe Hoe hoër jy
klim, hoe minder suurstof
is daar. Klimmers begin
vinniger en vlakker asemhaal
ten einde genoeg suurstof te
kry. Op sowat 7 000 m bo seevlak
het jy ’n suurstofsilinder
nodig.
Die eerste teken
van matige vriesbrand is
wit kolle op jou vel. Dit
tref gewoonlik eerste die
neus, vingers en tone. In
gevalle van ernstige
vriesbrand word die
selweefsel vernietig,
sodat dit swart verkleur
en afval. Klimmers druk
gewoonlik koue
vingers in hul
armholtes om dit
weer warm te maak.
Bloed Bergklimmers moet
minstens 3 tot
4 liter water per dag
drink om hul bloed
dun te hou. Dis
omdat die liggaam
teen sowat
2 500 m bo seespieël
meer rooibloedselle
vervaardig om meer
suurstof te kan
vervoer. Dit kan
bloedklonte veroorsaak
as die klimmer
nie genoeg vloeistof
drink nie. Die
tekort aan suurstof
kan ook ’n mens se
bloeddruk en hartklop
laat styg.
Liggaamshitte Wees op jou
hoede vir verkluiming – hipotermie
kan binne dertig minute jou lewe kos.
Normale liggaamstemperatuur is sowat
37 grade C, maar sodra dit na 35 grade C
daal, sal jy begin bewe en duiselig en
verward voel. Teen 30 grade C sal jou
hartklop stadig wees, maar jy sal warm
kry en jou klere wil uittrek – ’n noodlottige
besluit. Dra windbestande klere teen
die yswinde.
Dié bergklimmerkwaal kan
net so gevaarlik soos die
verraderlike hange wees.
Die beste raad is om baie
water te drink en stadig
boontoe te klim, maar dié
middels kan ook help:
’n Asetasolamiedtablet
(Diamox) kan
voorkomend geneem
word. Dit sal die hersteltydperk
met tussen
twaalf en 24 uur verkort,
maar jy sal ook
meer dikwels ’n draai
moet gaan loop.
Pynstillers (soos parasetamol
of ibuprofeen)
help vir weefsel wat
swel, maar ’n mengsel
van aspirien en Diamox
kan dodelike bloedveranderings
veroorsaak.
Kortisoon (soos deksametasoon)
het ’n sterk
anti-inflammatoriese
uitwerking wat help
om weefselskade asook
brein- en longswelling
te verminder. Maar kortisoon-
steroïede word
net onder mediese
toesig binneaars toegedien.
As jy dit reg hanteer, is
gewone bergklimsiekte
gewoonlik ná 48 uur verby
en behels dit niks erger
as ’n ligte hoofpyn, ’n
swakker eetlus en tintelende
hande en voete nie.
Eet soos
’n wolf
Om meer liggaamshitte
te vervaardig,
eet bergklimmers
hoë-energiekos
soos hawermout,
grondboontjiebotter,
sjokolade en pasta.
Knoffel verdun die
bloed en help dat hulle
akklimatiseer.
Kop in die
Wolke
Die Tibettane noem Everest ‘die hemel se kop’.
Maar hoe hoog is 8 000 m?
Ons plaas dit ’n bietjie in perspektief
1 086 m Die kruin van Tafelberg.
1 800 m Begin van die
Kilimandjaro-klimtog.
2 500 m Hoogte van Machu Picchu
(2 490 m) in Suid-Amerika. Teen dié hoogte
skop bergklimsiekte en hiperventilasie in.
Bergklimsiekte kan reeds op 2 000 m begin as
’n mens nie stadig klim nie.
3 000 m Met 3 234 m is
Monk’s Cowl die hoogste punt
in die Drakensberge.
4 000 m Altesaam 82
spitse van die Europese
Alpe is so hoog en hoër.
5 000 m Die hoogste
berg in Antarktika, die Massif,
is 4 897 m hoog.
6 000 m Teen 5 895 m bo
seespieël sal jy op Kilimandjaro
se kruin wees.
7 000 m Dit word die “doodsone” genoem omdat
slegs ’n derde van die suurstof wat ’n mens op
seevlak kry, hier beskikbaar is. Kamp C3 op Everest
lê op dié hoogte. Hier is ekstra suurstof broodnodig
en ’n mens gebruik gemiddeld 2 liter suurstof per
minuut uit ’n suurstofsilinder.
8 000 m Everest se kruin:
8 850 m. Hier kan die
temperatuur sommer tot
-38 °C daal.
First aid for hypothermia
Help for climber’s headache