Share

7 redes om by die huis te oefen

Wil jy jou lyf regruk, maar kan nie 'n gym-kontrak bekostig nie? Persoonlike afrigter, Dave Giloi, glo daar is 'n hele paar goeie redes om liewer by die huis te oefen as by die gym. Hier is sewe van sy redes:

1. Vermy die stormloop

Daar is niks erger as om 'n klomp geld te betaal en dan by die gym op te daag en te vind dat al jou gunsteling oefenmasjiene beset is nie. Vermy hierdie algemene probleem deur by die huis te oefen. Jy kan 'n reeks van jou gunsteling masjiene by die huis opbou en jy sal nooit weer hoef tou te staan vir 'n masjien nie.

2. Bespaar tyd

Om daar uit te kom, klere in- en uit te pak, by die gym te stort, met vriende te gesels en om saamgesleep te word vir koffie en onbyt, neem altesaam baie tyd uit jou besige dag in beslag. Om by die huis te oefen, sal baie van daardie verlore tyd, wat deur die gym ingesluk word, verminder.  

3. Bring tyd saam met jou familie deur.

Dis dikwels moeilik om by die gym uit te kom wanneer jy 'n familie het. 'n Normale werksdag, of om kinders op skool te hê, beteken al klaar dat jou kwaliteitstyd saam met jou familie uiters beperk is. Jou sessies by die gym is altyd die eerste wat daaronder ly, wanneer jou familieverantwoordelikhede meer word. Dit word as 'n onderhandelbare deel van jou skedule beskou. Oefen by die huis en betrek selfs die kinders by jou oefening en skakel so daardie probleem uit.

4. Liggaamsgewig-oefening

Om net gewigsmasjiene te gebruik, bied geen uitdaging aan jou stabiliseerders nie en leer ook nie jou spiere om sinergisties goed saam te werk nie. Hulle neig om nie jou balans of kinestetiese bewustheid te verbeter nie. Om by die huis te werk, mag jou effens inperk, veral wat toerusting betref, maar dit dwing jou om liggaamsgewigsoefeninge te gebruik, wat wonderlike voordele inhou – beseringsvoorkoming deur briljante stabilisasiewerk en saamgestelde bewegings.

Die uitdaging aan jou is om seker te maak dat die oefeninge interessant en gevarieer bly.

5. Spaar geld

Bespaar op maandelikse gym-fooie, wat met die verloop van tyd kan oploop, veral as jy sukkel om die tyd te vind om die gym te gebruik. Jy spaar ook die reiskoste, asook die koppie koffie en kolwyntjie/muffin wanneer jy klaar is.

6. Geen poseerders

Daar is geen poseerders nie (behalwe jy, natuurlik), wanneer jy by die huis oefen. Daar is niemand wat hulself in die spieël beskou, 'n lawaai maak of windmakerig is nie – alles dinge wat vir party mense baie steurend en irriterend kan wees.

7. Lewenstyl veranderinge

Om by die huis te oefen, kan die pas aangee vir 'n gesonde lewenstyl en omgewing, en kan aktiwiteit op 'n daaglikse grondslag aanmoedig. Die opbou van gym-toerusting en die verheffing van jou fiksheid tot 'n stokperdjie, maak oefen baie gerieflik en 'n kort tydjie gedurende die dag kan in ’n kort en produktiewe oefensessie omskep word.

Dit moedig ook familielede aan om betrokke te raak; dit verhoog vlakke van ondersteuning en bevorder 'n gesonde lewenstyl vir die hele familie. As jy saam met 'n fiksheidsinstrukteur werk, kan hy/sy ook jou kombuiskas en yskas evalueer om te sien hoe gesond jou eetgewoontes is. 

Kontak Dave by 073 427 9499 of stuur vir hom 'n e-pos: dave@bodyexcel.co.za 
 
(Health24, September 2010)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE