Share

5 fiksheid-apps

iStock

Dit is nie maklik om fiks te bly in 'n tyd waar die meeste mense te besig is om gym toe te gaan nie. Om eerlik te wees, waar kry 'n mens die tyd vir sulke dinge wanneer jy reeds 'n voltydse werk, 'n familie en 'n horde emosioneel-behoeftige vriende het? Aan die einde van die dag moet jy nog steeds uitwerk wat om vir aandete te kook. Maar danksy die vermoëns van "smartphones" kan jy eenvoudig 'n app aflaai wat jou hopelik sal aanmoedig om nie net oefening te doen nie, maar jou ook sal help met jou soeke na algemene fiksheid en gesondheid.

Fitness Pro

Hierdie gratis app maak daarop aanspraak dat dit die beste iPhone app op die mark is vir beide fiksheid fanatici en nuwelinge. Dit spog met meer as 450 oefeninge met foto's om jou te help, vir in geval jy nie seker is jy doen dit korrek nie. Dit help jou om spier-spesifieke oefeninge en die regte kardiovaskulêre oefensessie, afhangende van jou fiksheidsvlak, te kies. Die een nadeel is egter dat baie van die oefenprogramme fiksheidstoerusting vereis wat nie gewoonlik buite 'n gym beskikbaar is nie.

iTreadmill

Die iPhone app, iTreadmill, is beslis een van die beste om boek te hou van al jou stap-, draf- en hardloopoefeninge. Hou egter in gedagte dat dit nie op 'n werklike trapmeul sal werk nie. Die app het 'n sensor en 'n tree-kalibreerder wat jou hardloopspoed, afstand en aantal treë kan assesseer. Die app sluit 'n ingeboude kilojoule-teller in.

Jefit

Die Jefit liggaamsbou-webwerf het twee mobiele applikasies, een vir iPhone en die ander vir Android slimfone. Die gratis applikasies bevat egter net 75% van al die inhoud wat teen betaling beskikbaar is. Maar daar is 'n magdom inhoud beskikbaar, van verstelbare stophorlosies tot fiksheid-logboeke en 'n gedetailleerde oefening-databasis. Die fiksheid-databasis het meer as 500 verskillende oefeninge en aflaaibare oefening-diagramme. Dit kan ook aan jou Facebook en Twitter rekeninge gekoppel word.

200 Sit-ups

Hoeveel opsitte kan jy doen? 10, 20 of miskien 50? Die 200 sit-ups Blackberry app gee jou 'n ses-weke oefenprogram om jou te help om jou "kernspiere" te versterk. Volgens die app-beskrywing sal jy, met net 30 minute per week se inspanning, ná dié ses-weke program meer as 200 van hierdie maagspier-oefeninge kan doen. Dit bevat 'n opsit-teller en logboek met grafieke om jou verbeteringe te assesseer.

SpecTrek

Van al die fiksheid apps wat daar vir ’n Android beskikbaar is, is hierdie een die meeste pret. Dit is 'n kardio/hardloop app wat vereis dat jy die foon se GPS en kamera gebruik. Jy moet die foon se GPS gebruik om virtuele "spoke" se spoor te volg en te vind, en die kamera te gebruik om 'n foto te neem. En hier is waar fiksheid 'n rol speel: jy het 'n beperkte hoeveelheid tyd, nie net om die spook op te spoor nie, maar ook om sy foto te neem. Dit is 'n wonderlike app wat fiksheid en speel kombineer, en wat jou stoelpatat-kinders heel moontlik van die rusbank sal opkry om 'n bietjie tyd buite deur te bring.

(Kyle Boshoff, Health24, November 2011)

(Verwysings: jefit.com, market.andriod.com, appworld.blackberry.com, itunes.apple.com) 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE