Share

10 slegte gym-gewoontes

Die gym het ten minste 10 ongeskrewe reëls. As jy hierdie reëls nie ken nie, is die moontlikheid groot dat jy op die ander gym-lede se tone gaan trap. En dit sluit daardie kolos in die hoek met die handgewigte in.

Om jouself by die gym te kry, is moeilike genoeg – jy wil nie nog sukkel met die gebrekkige gym-etiket van ander lede nie.

Die mees algemene klagtes

"Die klagtes wat ek die meeste hoor, is dat mense die sirkelgang in die verkeerde volgorde gebruik, dat hulle nie hulle sweet van die masjiene afvee nie en dat hulle nie die toerusting terugsit nadat hulle dit gebruik het nie," sê Brent Walsh, die bestuurder van die Discovery Wellness and Fitness Centre by die Instituut vir Sportwetenskap van Suid-Afrika.

Hy vra ook dat gym-gebruikers hulle die tydlimiete wat op die toerusting van toepassing is, respekteer. 

"In 'n gym-omgewing deel mense 'n spasie met ander mense. Gym-gebruikers moet dus so tegemoetkomend as moontlik wees ten opsigte van die fasiliteite en toerusting."

"Party mense maak asof hulle die plek besit. Hulle moet in gedagte hou dat dit 'n gedeelde spasie is," sê hy.

'n Paar onaangename gewoontes

Dis nie 'n karaoke-klub nie. Mense raak soms 'n bietjie oorentoesiasties wanneer die endorfiene hoog loop en hulle oorfone aan het. Onthou net – nie almal is gelukkig genoeg om oorfone aan te hê wat die geluide van die buitewêreld afsny nie. En die paar mense wat lustig sing, terwyl hulle oefen of in die stort is, moet oor die algemeen maar liewer nie 'n sangloopbaan oorweeg nie.

Oorfoon-volume. Maak seker dat jou oorfone se volume nie so hoog is dat die persoon langs jou gedwing word om saam op die maat van Steve Hofmeyer hulle oefenfiets te trap nie. Miskien luister hulle liewer na Dozi, en sulke harde musiek kan in elk geval nie goed vir 'n mens se oordromme wees nie.

Trapmeul-kullery. Mense wat hulle handdoeke oor die paneelbord van die trapmeule drapeer, is onmiddellik onder verdenking. Probeer hulle wegsteek dat hulle teen 'n baie lae weerstand draf, of is hulle al lankal oor hulle 20-minute-tydlimiet?

Kaatjie kekkelbek. Mense kom gym toe om te oefen, nie om jou lewensverhaal te hoor nie. Groet gerus die mense wat jy ken, maar dit is baie irriterend as jy hard besig is om te oefen en die persoon langs jou nie wil ophou kekkel nie.

Moenie beslag lê op toerusting nie. Jy kan nie toerusting "bespreek" deur jou handdoek, boek of klanktoerusting daarop te plaas terwyl jy eers met iemand gesels of (nog erger) kliphard op jou selfoon praat nie.

Slegte reuke. Dis in die haak om in die gym te sweet, maar moenie vuil en sweterig daar opdaag nie. Daar is min dinge wat mense so afsit as die aanslag van verlede week se reuke van ander gym-lede.

Swembad maniere. Die swembad is nie 'n plaasvervanger vir die stort nie. Jy moet skoon wees wanneer jy inklim. En terwyl ons daaroor praat – die swembad is ook nie 'n toilet nie.

Die regte kleredrag. Dis belangrik om die regte klere in die gym te dra. Dit beteken nou nie dat jy die nuutste ontwerpersuitrusting moet dra nie. Probeer net om klere te dra wat sweet absorbeer en nie sleg ruik nie.

Drink en kry klaar. Moenie die fonteintjie in beslag neem nie, veral nie gedurende spitstyd nie. Moet ook nie jou gesig daarin was nie en moenie jou waterbottel volmaak as die mense agter jou toustaan nie.

Nie 'n "optelplek" nie. Moenie probeer om meisies/ouens in die gym op te tel nie. Dis 'n gym en nie 'n hoekie vir eensames nie, en mense gaan soontoe om te oefen, nie om potensiële lewensmaats te ontmoet nie. Moet ook nie ure lank poedelkaal in die aantrekkamers rondhang nie – nie almal waardeer jou gebrek aan inhibisies nie.

As jy dink dat geeneen van die bostaande op jou van toepassing is nie, dink weer! Sien jy daardie groot, natgeswete liggaamsbouer met arms soos boomstompe? Dink net wat hy aan jou gaan doen wanneer hy oor die handgewig val wat jy vergeet het om terug te sit!

(Susan Erasmus, Rene Lötter, hersien Mei 2010)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE