Share

Sewe oefeninge vir ’n plat maag

Onder jou boep se vetlagie is drie hoof-maagspiergroepe wat wag op die kans om ferm en viets te word. ’n Ieder en ’n elk, jonk of oud, kan met die regte oefening en eetplan ’n plat maag kry, sê Pea Blaauw, ’n biokinetikus van Kaapstad.

As jy die reeks oefeninge hier onder elke dag doen, sal jy binne ’n maand ’n verskil kan sien en voel – en ná twaalf weke sal jy verras wees met die resultaat, mits jy dit kombineer met ’n gesonde eetplan en ander fiksheidsoefeninge, sê Pea.

Onthou
Oefening moet altyd met ’n gesonde eetplan gepaardgaan. Jy kan die mooiste arms, platste maag of fermste agterstewe op aarde hê, maar as dit met ’n lagie vet bedek is, gaan dit altyd pap en vormloos lyk.

Vir ’n mooi maag binne dertig dae doen elke dag twee stelle van vyftien herhalings elk van vier van die oefeninge hieronder. Wissel die soort oefeninge af sodat jy elke week minstens een stel van elk doen. Die geheim is om elke oefening baie beheers te doen en daarop te konsentreer om jou maagspiere te gebruik.

Maagkrulle
Gebruik jou maagspiere om jou skouers baie beheers op te lig en weer te laat sak. Dis ’n klein beweging. Hou jou voete plat op die vloer en probeer om nie jou kop met jou hande te lig nie.

Jy kan die oefening eers op die vloer doen, en ná ’n week of twee op ’n groot bal met jou lyf horisontaal en jou voete plat op die vloer.

Opsitte
Gebruik jou maagspiere om jou bolyf en skouers na jou opgetrekte bene toe te lig. Moenie jou rug hol maak as jy jou bolyf oplig nie.

Jy kan die oefening eers op die vloer doen en ná ’n week of twee op ’n groot bal met jou lyf horisontaal en jou voete plat op die vloer.

Boksoefening
Hou jou arms soos ’n bokser s’n en slaan in die lug terwyl jy jou bolyf na bo bring. Jy kan reguit na voor, na die kant en meer as een keer in die lug boks met elke opsit.

Skuinsoor-opsitte
Trek jou maagspiere saam en beweeg jou elmboog na jou teenoorgestelde knie. Hou dit vir vyf sekondes en beweeg stadig terug na die beginposisie. Jou laer rug moet heeltyd plat teen die vloer bly.

Omgekeerde krulle
Lê op ’n matjie en trek jou knieë teen jou bors op. Hou met jou hande aan ’n apparaat of iets stewigs vas. Gebruik jou maagspiere om jou boude van die vloer af te lig.

Vingers na tone
Hou jou arms reguit terwyl jy jou vingers na jou tone toe lig. Beweeg jou bolyf in die rigting van jou knieë en hou jou maag ingetrek. Moenie jou ken plat teen jou borskas druk nie.

Russiese draai
Hou ’n klein bal met albei hande vas. Rus met jou nek en skouers op ’n groot bal, voete plat en lyf horisontaal. Draai jou arms baie beheers na links, stadig terug tot reg in die middel en dan na regs.

Deur die Health24-span

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE