Share

Wat was die BeweegSA uitdaging (2011)?

accreditation
iStock

BeweegSA is 'n leefstyl-uitdaging om jou aan te moedig om gewig te verloor en fiks te word. Ons bied 'n reeks wetenskaplik-gegronde oefen- en eetprogramme aan wat jou sal help om binne die eerste 8 weke van die program:

  • Minstens 4 - 8  kg liggaamsvet te verloor
  • Minstens 3 cm om jou middellyf of heupe te verloor
  • Jou spiermassa te vermeerder (vroue se spiere sal bloot fermer en stywer word, en mans se spiere sal vergroot danksy hul testosteroon. Net vroue wat doelbewus anaboliese steroïede neem, sal spiere soos 'n man bou.)
  • Fikser te word en in staat wees om minstens 2 km te stap of stadig te draf
  • 'n Rok- of broekgrootte kleiner te wees en weer in jou maer klere te pas, en in jou swembroek op die strand te verskyn.

Die program is nié 'n kitsoplossing nie. Jy moet 'n bietjie tyd en moeite insit, maar dit kan jou lewe verander.

Ons leer jou ook hoe om oor 'n vakansieseisoen te keer dat jy weer vet word, en dan volg die derde deel van die uitdaging: 'n tweede 8-weke-lange uitdaging in die nuwe jaar. Teen Paasnaweek is jy 'n splinternuwe mens, wat tot 16 kg ligter kan wees.

Die BeweegSA program:

  • Is vir almal. Mans, vroue, kinders, vriendinne en gesinne kan deelneem en almal wat weer wil oefen, maar tot dusver nie sover kon kom nie.
  • Bied 'n wye keuse. Health24 gebruikers, Sarie-lesers en RSG luisteraars kan letterlik enige eet en oefenprgram volg, of enige van die programme op Health24 kies. Jy sal selfs sonder enige oefeninge gewig verloor indien jy een van die Health24 eetplanne volg, maar sal makliker en effens meer gewig verloor as jy ook 'n oefenplan volg.  Ons help selfs met tuis-oefeninge. Voorts is daar is 'n groot keuse: die Slim-eet BeweegSA eetplan, die PlusMinus-eetplan, die Porsieplan-eetplan, die 10-dag eetplan om mee af te skop, of jy kan by Weigh-Less of Weight Watchers aansluit.
  • Strek oor 8 weke, met 'n 4 weke rusperiode en dan weer 8 weke se uitdaging. Navorsing het getoon dat jy jou lyf drasties in 8 weke kan verander, en dat dit voldoende tyd is om jou 'n nuwe lewenstyl aan te leer.
  • Begin maklik, en die intensiteit neem geleidelik toe.
  • Nie tydrowend nie. Jy moet net 20 minute per dag opsy sit.
  • Maklik om te volg. Daar is geen ingewikkelde instruksies of diëte nie, net duidelike beskrywings en illustrasies, en maklike stappe om te volg. Dié oefengids is eintlik jou "persoonlike instrukteur".
  • Bied realistiese en haalbare resultate. Volg die program en jy kan nie anders as om fikser te word en liggaamsvet en sentimeters af te skud nie.
  • Sosiaal. Jy kan dit saam met jou man, maat, vriendin, vriend, hond of selfs jou mak cheetah doen.
  • Bied 'n nuwe uitdaging. Jy kan 'n nuwe lyf kry en jou lewe verander.
  • Kan in die buitelug en tuis of in 'n gym gedoen word. Ons bied alternatiewe tuisoefeninge sodat mense wat ver van 'n gym is, ook die program kan volg.
  • Bevat spesiale notas en aanpassings vir swanger vroue.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE