advertisement
Question
Posted by: Bee-Bee | 2011/06/09

Zyban

Hi daar Dokter,

Wat is u ondervinding met u pasiente en Zyban om op te hou rook?

Ek rook en is op Paxil. Ek het gedink om eerder Zyban as `n anti-deppresant te gebruik (en natuurlik die Paxil stop) en dan kan ek 2 vlieë  met een klap doodslaan.

Ek het ook gelees dat Zyban nie so `n groot rol op `n gebruiker se libido uitoefen nie.

Het u vir my enige raad, asb?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Bee-bee

Zyban is 'n goeie keuse en dit verdubbel jou kans om op te hou rook, maar onthou jy moet wel 'n datum kies wanneer jy gaan ophou. Jy kan wel Paxil met Zyban vervang, maar wanneer jy ophou rook, kan jy jou dokter konsulteer vir 'n beter meer doelgerigte anti-depressant. Onthou jy kan ook nie dadelik staak met die Paxil nie, jy sal jouself eers moet speen voor jy oorgaan op die Zyban. Jou dokter sal jou hiermee kan help.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Bee-bee | 2011/06/09

Hi daar Dokter, weer ek  -)

Ek is tans op 4 sigarette per dag (van 12 `n dag), maar ek sukkel om van die my eerste siggaret in die oggend ontslae te raak. Dit is waarom ek dink ek moet Zyban probeer. Ek is net bekommerd dat Zyban en Paxil nie in dieselfde klas val nie, en dus sal dit nie werk om die Paxil te los en net op die Zyban te gaan nie.

Ek het ook geen idee wat Zyban se sukses vlak is om op te hou rook asook as `n depressant nie.

Dit is waarom ek u vra om asseblief vir my raad te gee uit u ondervinding.

Groete.

Reply to Bee-bee

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement