advertisement
Question
Posted by: gina | 2009/01/12

Zyban

Goeiedag Dokter,

Ek wil BAIE BAIE BAIE graag ophou rook en het zyban probeer, maar ekword na 3 dae ontsettend siek - bewerig, duiselig en naar (ek wil ook nie rook nie, so ten minste is dit ' n goeie ding...), maar sodra ek teen dag 4 ophou om die pille te drink dan rook ek weer.

Wat kan ek doen en moet ek maar vasbyt met die zyban? Ek weet dit is net ' n kruk, want ek gaan deur ' n moeilike tyd - my man is konstant oorsee vir werk en ek moet alleen na 2 klein kindertjies omsien en dit is baie uitdagend en frustrerend - jammer ek weet dit is geen verskoning nie en ek verafsku myself...

asseblief help....

ps: ek rook nie naby my kinders nie.

Baie dankie :-)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Gina
Party mense voel net baie goor op Zyban. Probeer dalk 'n rookstaak plan soos Allan Carr s'n (Allancarr.co.za) of iets soos Nicorette kougom in plaas van Zyban.
Probeer afskaal na 5 per dag toe voor jy probeer ophou - dis baie moeilik om van 20 na niks te gaan nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement