advertisement
Question
Posted by: Martie | 2009/01/22

Q.

Ystertekort

Hi Doc
Ek is sopas met ystertekortanemie gediagnoseer en het vandag die eerste van ' n reeks ysterdrips ontvang.
Ek wil net graag uitvind of dit sal help as ek seker maak dat ek kosse ryk in yster in my dieet inneem?
Indien wel, watter kosse kan ek gebruik wat laag in vet is (ek hou nie van rooi vleis nie oor die hoë  vetinhoud daarvan, en verder eet ek ook nie boontjies nie aangesien dit my derm geweldig omkrap)?
Ek sal enige raad waardeer.
Baie dankie
Martie

Expert's Reply

A.

Expert ImageDietDoc

Beste Martie
Die ysterinfusie wat jy tans ontvang, sal vinniger help om jou ystertekort te herstel as om ysteraanvullings te drink, maar dit dokter sal heel waarskynlik vir jou ook sulke aanvullings wat yster en foliensuur bevat, voorskryf. Gewoonlik neem dit taamlik lyk om ‘n erge tekort weer te herstel (2-3 maande). Die volgende kosse is ryk bronne van yster: maer rooi vleis, en lewer (dis die beste bronne en as jy dit net een of twee keer per week eet, sal dit nie jou vetvlakke benadeel nie - maak net seker dat jy dit so voorberei dat jy nie addisionele vet byvoeg nie), vis, eiergeel, yster-verrykte ontbytgrane en brood (alle koring- en mieliemeel- produkte word deesdae met yster verryk), en droë vrugte soos rosyntjies. Drink 'n glas lemoensap of eet 'n halwe pomelo met jou ontbyt om seker te maak dat jy die yster in die ontbytgrane maklik kan absorbeer. Die vitamien C in die sitrusvrugte sal ysteropname verbeter.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement