advertisement
Question
Posted by: Antoinette Badenhorst | 2012/10/29

yster te kort ,Angina

Ek het n yster te kort dr my op pille gesit, maar kry nou baie baie angina. Hoekom is dit so, Groot asb soek dringend antwoord, ek voel glad nie lekker nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCardiologist

Beste Antoinette,

Dankie vir jou vraag. Ystertekort kan natuurlik ‘n bloedarmoede veroorsaak, wat wel angina kan vererg. Pille sal baie lank neem om ‘n ystertekort reg te stel, dus wil ek voorstel dat jy yster binneaars gegee moet word. Dit sal verkieslik in 'n hospitaal moet gedoen word, maar is maklik en veilig. Sodra jou liggaam genoeg yster het, sal jou bloedarmoede begin verdwyn en jy behoort baie minder angina te kry.

As dit nie gebeur nie, sal ‘n angiogram gedoen moet word om vas te stel wat is die toestand van die hartslagare..

Raadpleeg asseblief jou kardioloog of internis, wat jou raad kan gee en behandeling kan reel.

Ek hoop dit gaan beter.

Vriendelike groete, JT

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement