advertisement
Question
Posted by: lee | 2010/11/26

Yster ens...

Goeiedag Dokter,

Ek is al vir maande lank moeg en energieloos. My hare val ook verskriklik uit. Ek probeer ''n gesonde dieet volg (is nie oorgewig nie). 2 maande gelede is ek van die pil af (is 34 en het 2 kinders), want ek wil nie meer daarop wees nie. Nou het ek begin gewig optel vir een of ander rede - ek eet nie meer as gewoonlik nie?!

Ek het my skildklier laat toets - als is 100%. Maar toe wys die toetse dat ek minimum yster in my liggaam het. Ek neem reeds daagliks ''n ysteraanvuller asook vit.c - al vir maande lank. Hoekom neem my liggaam dan nie die yster op nie? Watse yster aanvuller is die beste en word die beste geabsorbeer? Ek is ''n groot vleiseter, so vir een of ander rede neem my liggaam dit nie op nie - wat kan die oorsaak wees?

Baie dankie :-)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Lee

'n Yster tekort kan wel jou simptome veroorsaak en dit klink asof jy aan 'n abnormale absorpsie sindroom van een of ander aard het. Ek stel dus voor dat jy jou dokter vir 'n reeks toetse besoek, onder andere bloedtoetse en stoelgang toetse.

Verwys ook na die volgende artikel: http://en.wikipedia.org/wiki/Malabsorption

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement