advertisement
Question
Posted by: Retha | 2008/10/14

Ystee en etikette

Hi Dietdoc

Ek sal graag wil weet of dit okay is om Clover se Manhattan Lite Ice Tea te drink wanneer mens op ' n lae-vet dieet is. Die etiket wys dat dit ongeveer 1KJ per 100ml bevat. Ek hou baie van ystee en drink graag daarvan, maar ek wil nie gewigstoename hê  as gevolg daarvan nie. Ek weet ook nie of dit goed is om so baie kunsmatige versoeter in te neem nie aangesien ek ook kunsmatige versoeter in my tee gebruik deur die dag.

Ek wil ook graag weet of dit okay is om Weigh Less se Slim Slab te eet. Ek is mal daaroor en dit voel vir my asof dit beter is as om ' n sjokolade te eet. As wat tel ek dit (bv. stysel, suiker, vet)?

Hoe weet mens as watter voedselgroep ' n sekere kossoort tel? Byvoorbeeld sour worms. Dit bevat geen vet nie, maar hoe weet ek of ek dit deel vorm van byvoorbeeld my daaglikse stysel inname of vet inname of suiker? Ek weet nie altyd presies hoe om etikette te interpreteer nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Retha
As Clover se Manhattan Lite Ice Tea net 1 kJ per 100 ml bevat, sal dit beslis nie bydra tot gewigstoename nie. Die matige gebruik van kunsmatige versoeters in verlede jaar deur internasionale deskundige voedingsorganisasies goedgekeur vir veilige gebruik. Ek is nie vertroud met die voedingstofsamestelling van Weigh-Less se ‘Slim Slab’ nie, maar kyk na die lys van komponente wat dit bevat. Die komponente wat eerste gelys word, is die hoofbestanddele en dit behoort aan te dui wat die hoofvoedingstof is, bv. as afgeroomde melkpoeier eerste gelys word, dan bevat dit meer daarvan as van die ander bestanddele en kan dit dus waarskynlik as 'n melkplaasvervanger beskou word. As jy wel by Weigh-Less is, kan jy ook jou raadgewers hieroor vra. Ek lei af dat 'sour worms' 'n soort lekkergoed is en dus sal dit onder suiker geklassifiseer word.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: KK | 2008/10/14

Slim Slab is high GI not a good choice. It counts as starch, rather enjoy a piece of fruit or a Trufruit dried fruit bar. Sour worms - sugar - not a good choice.

Reply to KK

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement