advertisement
Question
Posted by: Lala | 2013/01/09

Yorkie

Hi Dokter

Ek het verlede Woensdag van die dorp af gekom en my 9jr Yorkie met asemnood aangetref. Sy mond was al blou in die binnekant. Ek het Vet toe gejaag. Xtrale het gewys dat sy ingewande teen sy diafragma druk. Volgens die Vet moes hy omgery of ''n baie harde hou gekry het. Ek was nie tuis nie net die huiswerker. Volgens haar het daar niks met hom gebeur waarvan sy weet nie. Ons het nie kans gesien om hom so te laat ly totdat hy gestabiliseer kon word vir ''n operasie nie. Suurstof toediening het geen verbetering gebring nie. Hy is in 2007 deur ''n motor raakgery en het toe ''n gebreekte pelvis en ook skade aan die diafragma gehad. Hy het 100% herstel. Is dit dalk moontlik dat hierdie situasie kon onstaan as gevolg van ''n breuk of besering wat hy daardie tyd opgedoen het. Dit was baie swaar om hom te laat uitsit en dit maak dit nog swaarder met die wete dat ons hond dood is en ons weet nie regtig wat gebeur en wat dit veroorsaak het nie.

Baie dankie vir u tyd.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Beste Lala. Dit is moeilik om jou vraag te beantwoord, maar dit is meer waarskynlik dat die hond op die dag geskop is of geval het of, soos deur die veearts genoem, 'n baie harde hou gekry het.
Jammer oor jou verlies!

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement