advertisement
Question
Posted by: Wondering | 2008/09/02

Yasmin - nog vrae

Hallo Dokter

Ek het vroeë r vir u ' n vraag gevra oor die gebruik van yasmin. Jammer dat ek weer vra, maar ek wil net seker wees. Ek het in die " archive"  gelees oor dat jy eers die 7 onaktiewe pille moet drink ens voor dit effektief is en is nou bekommerd.

Ek het Dinsdag (26 Augustus) begin menustrueer en Vrydag (29 AUgustus) opgehou met Triphasil en moes Saterdag begin met ' n nuwe pakkie. Ek het Saterdag begin met Yasmin, maar gebruik Triphasil seker al amper vier jaar. Voor dit het ek Nordette gebruik. Toe ek oorgegaan het van Nordette na Triphasil het my dokter my nie gewaarsku dat ek dalk mag swanger raak as ek oorgaan van een voorbehoedmiddel na ' n ander. Gelukkig het niks gebeur nie. Kan u volgens die datums wat ek gegee het aandui wanneer my vrugbare tyd is en is daar enige risiko as jy oorgaan van een pil na ' n ander. Jammer vir al die vrae, maar ek vind dat ons vroue nie altyd al die inligting van ons dokters ontvang nie en dat dit soms lei tot " ongewenste"  swangerskappe.

BAIE DANKIE vir u tyd en dit is regtig goed om iemand te -|- ak met al jou vrae!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Dit is baie moeilike om die vrugbare tyd vas te stel, aangesien jy op 'n orale voorbehoedmiddel is. Die doel van die orale voorbehoedmiddel is om te keer dat jy nie swanger word nie.

Dit is veilig om van die een pil na 'n ander pil te gaan, maar ek stel voor dat jy jou eersgenoemde pil drink tot op die laaste rooi (onaktiewe pilletjie) en dan met die nuwe produk se eerste aktiewe tablet voort te gaan. Om sake makliker te maak, stel ek voor dat jy die naaste apteker konsulteer en hy/sy sal vir jou uitwys presies wat om te doen.

Indien jy verder twyfel, kan jy kondome vir die eerste maand nadat jy die nuwe produk begin gebruik het.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Bekommerd | 2008/11/25

Goeie middag dokter

Ek wil net graag uitvind, my huisdokter het Yasmin vir my voorgeskryf en verduidelik dat ek eers met die pilletjie moet begin sodra ek begin menstrueer. Die probleem is net, ek is al so 2 dae laat met my menstruasie siklus en dit maak my bekommerd, want ek sien nie kans vir n "  ongewenste swangerskap"  nie. Sal dit n probleem wees as ek met die pil begin voordat ek menstrueer of MOET ek wag todat ek begin menstrueer?

Baie dankie

Reply to Bekommerd
Posted by: Bekommerd | 2008/11/25

Goeie middag dokter

Ek wil net graag uitvind, my huisdokter het Yasmin vir my voorgeskryf en verduidelik dat ek eers met die pilletjie moet begin sodra ek begin menstrueer. Die probleem is net, ek is al so 2 dae laat met my menstruasie siklus en dit maak my bekommerd, want ek sien nie kans vir n " ongewenste swangerskap"  nie. Sal dit n probleem wees as ek met die pil begin voordat ek menstrueer of MOET ek wag todat ek begin menstrueer?

Baie dankie

Reply to Bekommerd

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement