advertisement
Question
Posted by: BabyShoes | 2011/05/20

Yasmin

Hallo daar Dokter,

Hoe lank bly die pill gemiddeld in die sisteem? Die rede waarom ek vra is dat my libido drasties afgeneem het toe ek op die pill gegaan het. Ek was vir 3 maande op die pill en is nou vir so 3 weke af, maar my libido het nog nie teruggekeer nie... om die waarheid te sê : ek kan glad nie meer orgasmes bereik nie, of met baie moeite.

Dit maak my effens bekommerd omdat ek weet dat seks belangrik is in `n huwelik en dit voel aaklig om nie in die " mood"  te wees, maar vir die man se onthalwe seks te hê .

Baie dankie vir u tyd en raad.

NB: ek is 33, met geen kinders.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Die pil word 24 uur na dit geneem is, volledig gemetaboliseer. Na drie weke behoort dit geen effek te he nie. Ek stel voor dat jy 'n sielkundige konsulteer, aangesien dit moontlik is dat daar 'n emosionele probleem is wat jou lae libido veroorsaak.

Groete



Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement