advertisement
Question
Posted by: Melissa | 2008/06/10

Xenical

Ek het Xenical 3 dae terug begin drink en ek drink die pil 'n uur na elke ete. Ek wil dok. vra: watter diet is die mees effektiefste saam Xenical? En as ek kos wil koop hoe weet ek dis hi of low GI? Wat is low GI? Soos ek verstaan is dit Carbohydrates, is ek reg? Hoeveel carbohydrates moet kos per 100g bevat dat dit nie vet maak nie?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Melissa
Nee dit is nie koolhidrate wat deur Xenical beïnvloed word nie, maar VET in die dieet. Jy is veronderstel om Xenical saam met 'n baie-lae-vet-dieet te gebruik, want Xenical sorg dat die vet wat jy eet, direk uitgeskei word. Dit verlaag dan jou energie-inname en lei tot gewigsverlies. As jy nie jou vetinname baie streng beperk nie, kan dit lei tot 'glipse'! Jy kan wel saam met die lae-vet-dieet net koolhidrate met 'n lae glisemiese indeks (GI) gebruik want dit sal ook gewigsverlies aanhelp. Ek sal egter aanraai dat jy 'n kliniese dieetkundige spreek (besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind) so dat sy/hy vir jou 'n baie-lae-vet-, lae-GI-dieet kan uitwerk. Om meer te lees oor die GI, kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en 'Weight loss' en 'The Right Approach' en lees die artikels oor die GI. As jy dus kos koop, moet jy kyk na die vetinhoud wat minder as 3g per 100g of selfs laer moet wees (bv. vetvrye melk, jogurt en maaskaas, grane en brode, vleis soos net die borsie van die hoender sonder vel, witvis, peulgroente en groente en vrugte.
Sterkte met die dieet
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement