advertisement
Question
Posted by: LWV | 2009/01/09

X-strale

Hallo Dr,
Ek was vanoggend vir x-strale van die borskas (longe), want ek hoes aanmekaar en was verlede jaar (Nov/Des) in aanraking met ‘ n vorm van TB wat glo redelik aggresief is. Ek was vroeë r die week by my huisdoker met ‘ n hoes wat as hooikoors gediagnoseer is en ek het ‘ n Celestone en vitamien B12 inspuiting gekry en Deselex om daagliks te gebruik (ek het redelik hooikoors). Ek gebruik ook Nasanex neusproei 1 x daagliks.
Ek het gedurende die vakansie (laat Desember) begin met so ‘ n ligte hoesie. Veral as ek klaar fiets gery het en wanneer daar temperatuur veranderings is (koue lug in oggend ens). Die TB is ‘ n lang storie, maar ek is gister aangeraai om dadelik x-strale te laat neem om seker te maak. Ek was nou vanoggend daar en die volgende goed is opgemerk rakende my longe:
1. Ronde Pneumonie
2. Pulmonale massa
3. Egginokokkus sist
Wat se goed is dit en is dit ernstig? Kan dit ‘ n aanduiding van TB wees? Die x-straal mense het aanbeveel ek doen ‘ n RT scan ook… 
Verder is al die ander goed wat hulle kyk soos hartskaduwee ens. alles normal.
Ek het nou nog nooit regtig enige vorm van siek wees gevoel, bv koorsig nie (dis net die hoes), maar ek reken ek moet maar vir eers stop met oefen en die tipe goed?!
Ek gaan probeer om nog vanmiddag weer my huisdokter te gaan sien met die x-strale, maar ek sal wardeer as dr my bietjie meer kan vertel van die goed wat op die x-strale gesien is.
Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Ek stel voor dat daar 'n RT van jou longe gedoen word en dat jou dokter jou na 'n pulmonoloog verwys. Daar is redelike patologie aanwesig. Vra asseblief jou huisdokter om dit aan jou te verduidelik met die x-straal beeld voor jou.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement