advertisement
Question
Posted by: Moedeloos! | 2009-02-19

Worsie piepie orals in huis!

Ek is moedeloos! Ons het eers een daschie gehad (reuntjie) wat aan die begin mooi buite sy ding gedoen het, toe kry ons ' n teef en leer haar toe ook om haar ding buite te doen. Vandat ons die teef gekry het, piepie my reun orals in my huis! Ek is al moeg teels gewas en ek spandeer honderde rande om van die reuk ontslae te raak. Hy lig sy been teen alles! Gedurende die dag kan hulle of buite of in die sitkamer wees omdat ek ' n baie klein erfie het en ek is baie lief vir my diere en wil nie he hulle moet in die reen wees as dit wel reen nie. Maar so kan dit nie aangaan nie! ASB gee my raad! Ons wil graag met die worsies teel - het nog nie finaal besluit daaroor nie, maar ek voel lus en vat die reun veearts toe om reggemaak te word!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Hallo Moedeloos

Vergeet van teel en laat hom regmaak. Ek weet nie waarom baie mense hierdie emosionele behoefte het dat hulle honde MOET teel nie. Gaan alle verstand te bowe.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Jaci Ackerman | 2016-07-27

hi ek wil graag weet ons. is. nou 2 mande nie meer by die. huis nie my seuntjie wors hond bly by my dogter. sy se dis nou die. laste maand as sy van die werkk af kom het seuna ooral gepiepie en sy weet nie hoekom nou nie. ek het nie geld om hom reg te maak nie. spca vra te veel om dit te doen. ek wil ook weet wat ek kan doen,, ek hoe help die. regmaak dat hy nie weer sal piepie nie. ? asb kan jule. my se. grte. Jaci

Reply to Jaci Ackerman
Posted by: myself | 2009-02-20

wat ' n weird subject line!

Reply to myself
Posted by: Moedloos | 2009-02-19

Hi Chill

Baie dankie. Jy het ' n punt daar beet. Ek sal baie gou ' n afspraak maak vir my hondjie.

Reply to Moedloos
Posted by: Chill | 2009-02-19

Daar het jy die begin van die oplossing - laat die hondjie steriliseer, en doen dit voor die gewoonte te lank aangehou het.

Baba hondjies is lieflik, maar glo my, daar' s meer hondjies as tuistes vir hondjies - gaan kyk bietjie by jou SPCA en ander welsynsorganisasies - en terwyl jy daar is, praat bietjie met die personeel daar oor hoe dit voel om elke week/maand/jaar te moet besluit watter oulike hondjies uitgesit moet word omdat niemand hulle wil he nie.

En moet asb nie se jy sal tuistes vir JOU hondjies soek - elke tuiste wat jy kry beteken nog een minder vir die hondjies wat reeds gebore is en in hokkies sit en wag!

Jammer om dit so te stel - maar dis die harde en onaangename waarheid.

Reply to Chill

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement