advertisement
Question
Posted by: Chocholates | 2009/04/15

worshond bly hardloop

Ek het ' n jong worshond, sal in Oktober 2 jaar wees. Die hond was heel " normaal"  tot so paar maande gelede, hy het net begin hardloop - die hele erf is al vol van sy uitgetrapte paadjies. Hy sal vir ure aaneen die hele erf deurkruis, en die erf is redelik groot. Die probleem is, die hond is regtig baie maer en lyk sommer soos ' n brandsiek hondjie. Sy pels blink en daar is geen ander probleme met die hondjie nie. Ons ander worse hardloop nie so vreeslik baie nie. Iemand het al genoem dit is maar deel van die worshond se manier. Is daar rede om bekommerd te wees, aangesien hy nie siek is nie?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Dear Chocholates

Hoe gereeld gaan stap en speel julle met hom. Kry hy kans om met ander honde te speel buite die tuin. As dit nie ten minste tweemaal per dag is nie weet jy waar die probleem is.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Chill | 2009/04/15

Klink vir my jy' t ' n gefrustreerde en nou selfs ' n neurotiese hondjie.

Google bietjie ' environment enrichment for dogs'  of iets van die aard, om te help vasstel hoe jy vir hom ' n paar dingetjies gee om hom te stimuleer.

Reply to Chill

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement