advertisement
Question
Posted by: Pam | 2009/07/07

Word nie gesond

Hi doc, ek het nog nooit so gesukkel met die winter verkoues soos hierdie jaar nie! Ek het my griepinspuiting gekry. Ek het die eerste keer siek geword met brongitis en was op antibiotika +- middel Mei en sederdien was ek nog glad nie weer 100% nie. Ek sukkel vreeslik met ' n sinudrip. Ek het so ' n maand terug vreeslik gehoes en die dokter het my behandel vir inflimasie indie bors met celestamine en ' n asma pompie. dit het beter geword, maar so 2 weke terug het ek hierdie vreeslike pyn op my bors aan die linker kant gekry, dis moeilik om die pyn te beskryf maar as ek op sekere maniere sit of lê  is dit beter.

Ek was nou Saterdag weer by die dokter en die diagnose was dat ek ' n spier seer gemaak het agv die hoes. Ek is nou weer op celestamine, ACC200 en ' n neussproei om die sinus op te droog sodat ek heeltemal kan ophou hoes. Die hoes is nou baie beter en met rukke die pyn in die bors ook, maar soms kom die pyn terug en dan is dit baie erg!!!

Ek is nie so seker dat dit wel ' n spier is nie. Hoe kan ek seker wees dat dit nie iets met die long of dalk kolon te doen het nie?

Baie dankie en jammer vir die lang brief!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Pam
Ek dink 'n borskas x/straal en sinus x/strale kan dalk 'n goeie roep wees. Jy het dalk nou chroniese sinus wat gedurig jou bors aansteek. 'n spier pyn is seer as jy daarop druk - iets dieper sal nie seer wees met druk nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement