advertisement
Question
Posted by: Linda | 2010-05-31

Woede uitbarsting/geirriteerd

Hi Doc

Ek weet nie eers waar om te begin nie, maar wel dat ek op die punt gekom het dat ek besef dat ek moet hulp kry. Vir ''n geruime tyd al het ek vreeslike woede uitbarsting, selfs vir die kleinste dingetjie raak ek so kwaak dat ek kan moord pleeg. Daarmee saam irriteer alles en almal my. Die geringste klein dingetjie kan gebeur dan voel dit of ek wil ontplof, ek''s altyd in ''n slegte bui, en almal (veral my kinders) moet dit ontgeld. Ek was maar nog altyd ''n humeurige mens, maar deesdae voel dit of ek heeltemal beheer verloor en iets daaraan moet doen. Enige raad?

Baie dankie
Linda

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Linda
Woede uitbarstings kan baie keer die simptoom van onderliggende depressie, post traumatiese stress, premenstruele sindroom, angstigheid of "burn out" wees.
Jy kan 'n sielkundige vra om jou te evalueer vir depressie of angstigheid (of toets jouself op die website drhansdreyer.com se vraelyste). Gaan gesels dan met jou dokter, ook as jy dink dit het dalk te doen met premenstruele sindroom.
Daar is baie effektiewe medikasie beskikbaar wat mens kan gebruik. Mens kan ook 'n sielkundige vra om jou tegnieke te leer om jou woede te ontlont voor jy ontplof.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Andre | 2010-05-31

Hi Linda

Klink vir my asof jy dalk n afspraak moet maak by jou huisdokter. As jy nie op n voorbehoedmiddel is nie gaan hy tien teen een vir jou een voorskryf. Sterkte!!

Reply to Andre
Posted by: Cyberdoc | 2010-05-31

Hallo Linda
Woede uitbarstings kan baie keer die simptoom van onderliggende depressie, post traumatiese stress, premenstruele sindroom, angstigheid of "burn out" wees.
Jy kan 'n sielkundige vra om jou te evalueer vir depressie of angstigheid (of toets jouself op die website drhansdreyer.com se vraelyste). Gaan gesels dan met jou dokter, ook as jy dink dit het dalk te doen met premenstruele sindroom.
Daar is baie effektiewe medikasie beskikbaar wat mens kan gebruik. Mens kan ook 'n sielkundige vra om jou tegnieke te leer om jou woede te ontlont voor jy ontplof.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement