advertisement
Question
Posted by: AC | 2009/01/19

Woede na man se rondlopery

My man het my 2 jaar terug verkul met ' n jonger vrou. Ons het daardeur gewerk nadat ek vir hom gesê  het hy moet kies wie hy wil hê . Hy het vir my en die kinders gekies. Dit het lank gevat vir my om dit heeltemal agter my te sit, en hy het vir my gesê  dat seks met een persoon presies dieselfde gevoel is as wat jy dit met ' n ander doen en hy wens ek kon dit ook net voel, want ek was ' n virgin toe ons begin uitgaan het en ek was al die jare getrou aan hom - daar was ' n paar keer mans wat meer as vriendskap by my wou hê  maar ek het nie dit toegelaat nie, want ek is nie so ' n persoon wat my woord breek nie en buitendien het ek gedink hy sal dit ook nooit doen nie. Weet jy, toe het ek ' n seksekskapade aangegaan om ook te voel hoe dit voel. Nodeloos om te sê  het ek verskriklik sleg daaroor gevoel en hom dit vertel. Hy het my vergewe op grond daarvan dat hy dit gedoen het en ek het hom vergewe, so hy moet dit ook doen. Wel, ek het aanhou uitvra of hy ooit ander ook mee seks gehad het en eers het hy my verseker dat daar nooit iemand anders was nie, maar na ' n lang ruk het hy erken dat hy wel sy broer se vrou ook mee seks gehad het terwyl ons getroud was, nogal omdat sy hom gebel en gevra het hy moet haar by ' n dam ontmoet. Wat hy toe wel gedoen het en het hulle blykbaar seks gehad. Daarna het dit glo nog 2 keer gebeur elke keer in die salon waar sy werk - sy is ' n haarkapster. Haar verskoning is dat haar man ongelooflik oorgewig is - hy weer amper 200 kg. My probleem is die woede wat ek teenoor haar voel. Sy was soos ' n sussie vir my en ek weet dat sy wel al heelwat ander mans ook skelm mee seks gehad het, maar dat sy dit aan my gedoen het met my man is vir my baie erg. Ek weet nie of ek haar daaroor moet konfronteer nie, want sy is nog nie bewus daarvan dat ek uitgevind het nie. My man het ek vergewe, want hy is nog steeds lief vir my en ek vir hom, en ons werk baie hard aan ons verhouding. Dit is vir my al asof ons nou baie nader aan mekaar is na al hierdie drama en ons huwelik sterker is. Hy behandel my ongelooflik goed en ek kan sien in sy optrede dat hy waarlik vir my omgee en bitter jammer is oor al die seer wat hy veroorsaak het. Al wat ek wil weet is of ek hierdie vrou moet konfronteer en hoe ek my woede teenoor haar moet hanteer, want ons sien hulle gereeld - dit is immers familie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

SJoe en J make a lot of sense

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: J | 2009/01/19

Ja, vir hom sal jy mloet uitsorteer, klink nie of hy van veel kaliber gemaak is nie.

Wat die ander dame aanbetref, as jy haar nooit weer sien nie is dit ok, maar as jul mekaar sien kan jy nie voorgee dat jy niks weet nie, jy sal haar moet konfronteer, en dalk voor hom en seker maak dit is nie ' n agterdeur wat hy oophou nie.

Tip - moenie wanneer jy weer iets doen en daarna skuldig voel, vir jou man vertel daarvan nie, ons mans se egos is te broos om sulke dinge te vergewe en te vergeet, hou dit vir jouself.

Reply to J
Posted by: Sjoe | 2009/01/19

Julle klink maar albei ietwat kinderagtig in julle benadering. Jou man se patetiese verskoning oor hoekom hy rondgeloop het is, nou ja, pateties. Julle het albei verkeerd opgetree met julle rondlopery. Wat jou man se skoonsuster betref, jissie, hoe oud is jou man? Hy kon mos " nee dankie"  gesê  het, of het sy hom met ' n geweer teen die kop gedwing om seks met haar te hê ? Hoekom sou hy in die eerste plek haar by ' n dam ontmoet? Hoekom het jy hom vergewe, maar weet nie hoe om teenoor haar op te tree nie? Hulle was mos albei daar toe dit gebeur het. Ek sou haar eenkant roep en haar mooi laat verstaan dat ek weet en haar ook sommer inlig dat jy haar man sal vertel as sy dit ooit weer naby jou man waag. Obviously het jou man se gewete hom nie veel gepla nie, want agterna is hy nog ' n paar keer terug na haar toe. Ek dink jy sal beter voel nadat jy met haar gepraat het. Moenie skel of vloek en tekere gaan nie. Praat mooi, maar met ' n geen-nonsens attitude. Volgende moet jy maar jou man ' n bietjie vasvat want dit lyk asof daar iets is wat hom umm pla. Hy het jou inderwaarheid meer as een keer verkul. Jy vergewe te maklik en hy weet dit. Pasop.

Reply to Sjoe

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement