advertisement
Question
Posted by: Pam | 2009/06/30

Winter skete

Hi doc, weet nie meer nie. ek het al 3 kursusse antibiotika gehad sover vir die winter. Ek het so ' n maand terug erg begin hoes en die dr. het my op ' n asma pompie en celestamine gesit. Dit het beter geword maar nooit heeltemal weggegaan nie. Op die oomblik hoes ek nog aanmekaar, ek vermoed dit is sinus drip omdat dit ' n irreterende gekriewel in my keel is. Wat kan ek hiervoor gebruik?

My ander probleem, ek het vir die afgelope 2 dae ' n vreeslike pyn in my bors aan die linker kant. dit is amper soos ' n spierpyn en is veral seer wanneer ek hoes. My mediese fonds is op die oomblik uitgeput en ek wil nie nou weer dokter toe gaan nie. Wat kan dit wees?

Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Pam
As jy voel daar loop slym agter in jou keel af, en dis nie geel of groen as jy neusblaas nie, kan jy probeer om jou neus met soutwater te spoel ( 1 koppie lou water en 1/2 teelepel sout - snuif op en blaas uit ) en jy kan dalk kortisoon neussproei soos Beclate 2 keer per dag probeer ( dit vat ten minste 1 week tot 10 dae voor dit begin werk..)

Die borspyn ( as dit in die borskaswand is), kan inflammasie van die spiere wees - probeer 'n anti-inflammatoriese middel soos Neurofen, maar as dit nie beter word nie, moet jy maar liewer jou dokter sien!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement