advertisement
Question
Posted by: MANDIE | 2009-03-12

Winderigheid en brandgevoel in slukderm

Die afgelope paar weke, sodra ek iets eet of drink begin my slukderm brand en is ek soms naar. Dit brand van reg onder die ribbes tot amper in die keel. Soms is dit seer ook reg onder die ribbes. Dit is nie soos gewone sooibrand nie en goed soos Rennies werk glad nie. Ek burp ook vreeslik, en dis asof ek nie beheer daaroor het nie. Ek voel permanent opgeblaas en ongemaklik(soos wanneer mens ooreet het). Soms kom daar kos/water terug wanneer ek so winde opbring wat dit net nog erger laat brand. Ek laat ook vreeslik winde, hoewel daar nie krampe is nie. Ek het IBS, maar hou dit onder beheer met my dieet. My stoelgang is normaal en gereeld (nie hardlywig of diaree soos ek soms met die IBS beleef nie). Enige idee wat dit veroorsaak en wat ek kan doen om dit te stop. (Die windopbringery is vernederend...)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Mandie

Dit is heel moontlik gastro-esoephagiale reflux. Jy moet 'n afspraak by 'n gastroenteroloog maak, sodat 'n gastroskopie gedoen kan word om 'n deeglike diagnose te kan maak. Probeer intussen Gaviscon Advanced, drie keer per dag voor etes.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement