advertisement
Question
Posted by: Louise | 2009/02/19

Wil net aan die slaap raak/

My man is drie maande terug oorlede. Van toe af is my eet patroon en slaap patroon heeltemal deurmekaar. Slaap basies drie tot vier ure per nag eet baie min. Het probleme met my twee dogters 25,27 wat nie oor hulle pa se dood kan kom nie. Hulle wil nie he ek moet aangaan met my lewe nie. Ek is nie ' n alleen mens en wil graag vriende maak met ander en dan die vrymoedigheid he om hulle oor te nooi na my huis toe maar mag dit nie doen. Ek weet ek stres oor dit en ek weet nie of dit dalk die probleem is nie. As ek by die werk is of enige ander plek en ek sit vir ' n rukkie stil wil ek net slaap en tewyl ek kar bestuur. Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageSleep Expert

Na so 'n verlies sou dit natuurlik wees om 'n mate van depressie te ondervind. Slaaploosheid is baie dikwels deel van depressie. Bespreek die probleem met u huisdokter, en vra haar of 'n goeie antdepressant nie van waarde sou wees nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Mia | 2015/12/15

Weet nie wat aangaan nie.ek is baie oorgewig.is 40 jaar.ek voel doodmoeg.wil net slaap.kan dit dalk suiker of iets wees.

Reply to Mia
Posted by: Katryntjie | 2009/02/20

Jou dogters moet besef dat hulle, hulle eie lewe en vriendekring het. Ek lei af dat hulle nog by jou in die huis bly en dit maak dit nog moeiliker. My raad aan jou is gaan aan met jou lewe. Gaan sit en praat mooi met hulle en verduidelik aan hulle jy graag nuwe vriende wil maak. Hulle sal tien teen ' n bohaai opskop, sulk of dalk nog onbeskof teenoor jou besoekers wees. Maar een van die dae is hulle uit jou huis en wat dan? Gaan aan met jou lewe en as jou man was soos wat myne is, dan sal hy nie van jou verwag om nou ' n kluisenaarsbestaan te voer nie. Onthou jy is die ma in hierdie verhouding en al is hulle 25 en 27 is hulle steeds onderworpe aan jou reels as hulle by jou in die huis bly. Sterkte!

Reply to Katryntjie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement