advertisement
Question
Posted by: Ek het die stryd gewen!!!! | 2011/01/13

Wil iemand gewig verloor? Lees asb verder. Terugvoer sal lekker wees.

Stap 1 - Gaan dokter toe en neem die nodige bloed toetse om vas te stel daar is nie ondeliggende probleem nie, bv skuldklier of insulien weerstandigheid. Doen dit elke jaar.

Stap 2 - Neem n " Before"  foto van jouself en plak dit waar jy dit kan sien.

My Aanvullings: Probiotic, Zinc en AntaGolin

Verminder: Koffie - nie meer as 3 koppies per dag nie. Ek het ook oorgegaan na kaffeinvry.
Bruinsuiker in koffie - Slegs 1 afgegooide lepeltjie in koffie

Sluit in: Water - Ek gebruik n 500ml glas. Jy besef nie jy drink eintlik 2 glase nie.
Vrugte - Ten MINSTE 1 per dag.

Vermy - Vet en vel van vleis
Diepgebraaide kos
Alkohol
Lekkergoed, chips en gebak
Witmeel produkte
Geel kase soos cheddar en Gouda
Hoe vet melk - Gebruik skim en laevet

N tipiese dag:

Oggend: Wholewheat pronutro met skim milk en 500ml water

of Gekookte oats pap - afgekoel

of Low Gi Muesli met skim milk

Peusel: Vetvrye Vanilla Yogurt van woolies ( Gooi n halwe lepeltjie kaneel by) - proe soos melktert - Heerlik!!!!! en 500ml water

Middag - 2 snye saadbrood met 1 van die volgende: en 500 ml water

* Kersie tamaties en avo

* Mozzerela kaas en Tamatie

* Stukkie van gisteraand se hoender

* Like it lean koue vleisie

* peanut botter - geel doppie is enigste wat hartstigting se merk ophet.

Ek gebruik altyd extra light margarien - dun lagie

Peusel - Vrug (gewoonlik n appel) en 500 ml water

Net voor ek my handsak optel om huis toe te gaan eet ek 3 droe provitas. Ek sweer by dit dat dit veroorsaak dat ek nie dood van die honger is as ek by die huis kom nie.

Aand - Vis, hoender of vleisie sonder vet saam met baie groente
Nadat ek op my halfpad merk was het ek 3 baba aartappels of n porsie bruin of basmati rys bygevoeg. Of pasta met n tamatie basis.
Ek vermy mince en wors sover moontlik agv versteekte vet wat jy nie kan afsny nie.
En natuurlik............. 1 groot glas water.

ELKE DAG: Doen ENIGE VORM van oefening. Al is dit so belaglik soos 5 minute se touspring.

Al raad wat ek aan almal wil gee is die volgende: Moenie wag tot die dokter vir jou se jy is siek, voordat jy aandag gee aan jou gesondheid nie. Ons het net 1 lewe. Lewe hom VANDAG. En begin VANDAG. Nie van Maandag af nie. As jy vou, maak dadelik reg. Ons almal is net mense.

Probeer om nie heeldag aan kos te dink nie. Probeer ontspan!!!!!

Moenie elke dag op die skaal klim nie. Meet jou middellyf een x n maand. Die reward is soveel groter.

En dan ....dit maak nie saak hoe vet jy vir jouself lyk nie. Stap regop. Trek jou skouers agteroor en lig jou ken op. Jy is n vrou van die Here.

Se elke dag vir jouself die volgende. Daar is NIKS wat so lekker smaak soos SLANK wees nie.

Sterkte!!!!!!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Stryd Gewen
Is jy dalk Annemarie wat gister ingeskryf het? Indien wel, welkom terug. Baie dankie vir die inspirasionele bydrae. Hopelik sal die ander Lesers moed skep en jou goeie voorbeeld volg.
Alles van die beste
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

6
Our users say:
Posted by: zil | 2011/01/18

thanks for t tips i hsve insulin resustance wil this diet work? Do u hav an e mail add need t chat to u pls

Reply to zil
Posted by: jene | 2011/01/17

Dit is baie goed ek moet gewig verloor weeg 124kg en soek hulp het onderaktiewe skildklier en is 32jaar oud kan iemand help asb

Reply to jene
Posted by: Stryd gewen | 2011/01/14

More Diet doc
Ek is saam met Annemarie in dieselfde kantoor. Ek het n lang stryd gehad met dieet. Ek is nou n jaar en 4 maande op doelgewig. Sy het my gevra om my plan met haar te deel en dit is wat sy opgesit het op health 24. As dit vir my gewerk het is ek seker ander dames kan ook benefit.
As ander dames hulle tips wil deel sal dit altyd welkom wees.

Reply to Stryd gewen
Posted by: Hallo Liezel | 2011/01/13

Dankie vir jou terugvoer. My missie is al kan ek vir EEN vrou iets beteken sal dit genoeg wees. Ek was daar. Kos was die eerste gedagte vandat ek opgestaan het tot ek gaan slaap het. Eet, en dieet het my lewe vir TE LANK oorheers.
Al hoekom ek nie oats so easy eet nie is omdat dit n baie hoe GI het. Veral die gegeurdes. Met ander woorde dit hou jou nie lank genoeg versadig nie.
Ek hou nie van die smaak van versoeters nie, ook nie heuning nie. Ek is seker dit sal okei wees as jy versoeter gebruik.
Ek is baie lief vir die vanilla yogurt van Woolies. En ek het gehoor dat kaneel cholestrol afbring. (praat onder korreksie).
Verder eet ek ENIGE laevet yogurt. Woolworths het nog n lekker een. Dit is so n wit bakkie en daar staan op Omega 3. Ek het nog nooit sulke lekker yogurt geproe nie. En dit is ook laevet. Hou my op hoogte! Kry jou kop reg.

Reply to Hallo Liezel
Posted by: Liezel | 2011/01/13

HI ,EK WIL NET REPLY OP JOU EMAIL DEUR VIR JOU TE SE DAT EK TROTS OP JOU IS NET VIR DIE FEIT DAT JY NIE SELFSUGTIG IS DEUR JOU SUKSES(DIET) VIR JOU SELF TE HOU NIE,GEWOONLIK ONS AS MENS AS JY JOU IDEALE GEWIG BEREIK HET DEUR 1 OF ANDER DIET,GEE JY NIE OM OF DINK JY NIE AAN AL DIE ANDER VROUENS WAT VERSKEIE DIETE PROBEER HET EN MISLUK HET NIE.VROUENS WAT TOU OP GOOI OMDAT HULLE DINK DAT HULLE NOOIT SAL GEWIG VERLOOR NIE. EK KAN AGTER KOM DAT JY OOK BAIE GESUKKEL HET OM DIE REGTE DIET TE VIND.EK GLO BAIE VROUENS GAAN WAARDEER DIT WAT JY MET ONS VANDAG GEDEEL HET.DANKIE.
DIE OATS KAN DIT INSTANT OATS WEES EN KAN JY I TEELEPEL HEUNING BYVOEG OF CANDERELL VERSOETERS GEBRUIK.
MOET DIT WOOLIES SE JOGHURT WEES OF KAN JY MAAR NET GEWONE LAE VET DANONE JOGHURT EET?

Reply to Liezel
Posted by: DietDoc | 2011/01/13

Beste Stryd Gewen
Is jy dalk Annemarie wat gister ingeskryf het? Indien wel, welkom terug. Baie dankie vir die inspirasionele bydrae. Hopelik sal die ander Lesers moed skep en jou goeie voorbeeld volg.
Alles van die beste
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement