advertisement
Question
Posted by: Foxy | 2009/11/24

wil gewig verloor

ek is 1.55m en weeg 73kg(het 2 seuntjies)ek eet slegs 1 maaltyd(rys,vleis/hoender,groente) op ' n dag.ek eet nie ontbyt nie.ek oefen glad nie(stap slegs 3 keer ' n week).en drink baie min water,partykeer net 3 glase ' n week.my hare val uit en my man moet omtrent soebat vir seks.ek het al begin wonder of dit nie dalk my skildklier is nie?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Foxy
Jou huidige BMI = 30,4, dus sal dit goed wees as jy gewig kan verloor. Mik eers vir 10 kg en dan die volgende paar kg, ens. Om weer binne die normale reikwydte te val met 'n BMI van 25, behoort jy 60 kg te weeg ('n verlies van 13 kg). Dit is altyd 'n goeie idee om jou te laat ondersoek vir hormoonwanbalanse (skildklier, vroulike hormone, insulien) as jy sukkel om gewig te verloor. Vra die dr ook om jou ystervlakke te toets aangesien ystergebrek tot haarverlies kan lei en jou dieet waarskynlik gebrekkig is. Ek wil egter ook aanraai dat jy 'n kliniese dieetkundige moet sien vir 'n verslankingsdieet want jou eetpatrone is nie goed nie. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou moet help om weer te leer om verstandig te eet met 3 groter of 6 kleiner maaltye per dag. As jy alreeds 3 keer per week gaan stap, dan doen jy wel oefening. Probeer net om vinniger en langer te stap soos jy gewig verloor en fikser word. Dit is ook nie nodig om meer as 2,5 liters (10 koppies VLOEISTOF, wat water kan insluit) te drink nie. Oormatige waterinname is ook nie goed nie.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2009/11/25

Beste Foxy
Jou huidige BMI = 30,4, dus sal dit goed wees as jy gewig kan verloor. Mik eers vir 10 kg en dan die volgende paar kg, ens. Om weer binne die normale reikwydte te val met 'n BMI van 25, behoort jy 60 kg te weeg ('n verlies van 13 kg). Dit is altyd 'n goeie idee om jou te laat ondersoek vir hormoonwanbalanse (skildklier, vroulike hormone, insulien) as jy sukkel om gewig te verloor. Vra die dr ook om jou ystervlakke te toets aangesien ystergebrek tot haarverlies kan lei en jou dieet waarskynlik gebrekkig is. Ek wil egter ook aanraai dat jy 'n kliniese dieetkundige moet sien vir 'n verslankingsdieet want jou eetpatrone is nie goed nie. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou moet help om weer te leer om verstandig te eet met 3 groter of 6 kleiner maaltye per dag. As jy alreeds 3 keer per week gaan stap, dan doen jy wel oefening. Probeer net om vinniger en langer te stap soos jy gewig verloor en fikser word. Dit is ook nie nodig om meer as 2,5 liters (10 koppies VLOEISTOF, wat water kan insluit) te drink nie. Oormatige waterinname is ook nie goed nie.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.