advertisement
Question
Posted by: Goose | 2011/02/21

Wil dringend gewig verloor

Goeie mô re dok. Ek is ''n 32jare ma van 3. Na my tweeling se geboorte verlede jaar sukkel ek vreeslik met my gewig. Al wat nog altyd vir my gehelp het was strawwe oefening maar ek het net geen tyd daarvoor op die oomblik nie. Ek staan alreeds 05:00 soggens op net om almal betyds klaar te kry en kom eers saans 17:30 by die huis en dan is dit weer die aand rotiene van kosmaak, sakke pak vir die volgende dag ens. so daar is nie soggens of saans tyd vir oefen nie. My werk is van so ''n aard dat ek die grootse deel van die dag agter ''n rekenaar sit, dus ook nie veel oefening nie. My middagete is net 45min en ek moet omtrent 15min ry na die naaste gim wat my dus laat met 15-20min vir oefening. Ek probeer my porsies klein hou en ek probeer gesond eet, ek eet elke oggend ontbyt, dan so twee vrugte deur die oggend, ''n broodjie vir middagete, weer ''n vrug in die middag en dan my aandete. Ek drink ook tussen 1.5 en 2L water op ''n dag maar nog steeds wil die gewig nie af nie. Ek is 1.65m en weeg 98kg wat my in die ''obese'' kategories sit. Ek voel nie goed oor myself nie maar probeer mooi aantrek om my selfbeeld bietjie te ''boost''. Ek het al so twee jaar terug my skildklier laat toet maar daar was geen probleem nie. Laat weet asb. wat ek ander kan doen om my gewig te laat afkom, ek wil +/-30kg verloor sodat ek weer na myself in ''n spieel kan kyk. Baie dankie byvoorbaat vir die advies.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Goose
Ek kan goed verstaan dat jou dag so vol is met verskillende verantwoordelikhede dat jy omtrent nooi tyd kry vir jouself nie. Jou huidige BMI = 36, wat hoog is. As jy jou gewig kan verlaag tot 81 kg, sal jy in die oorgewig kategorie wees en nie langer obees wees nie, maar dit beteken dat jy 17 kg moet verloor as eerste stap na jou nuwe liggaam. Later kan jy konsentreer op die ander 14 kg - doen dinge in hanteerbare stappe. Indien jy wel met strawwe oefening in die verlede gewig verloor het (?), dan kan jy daaraan dink om tou te spring op tye tussen in al die ander bedrywighede (bv. as die kinders slaap of in jou etenstyd want dan sal jy nie na 'n gimnasium hoef te ry nie). Begin stadig vir ongeveer 10 min op 'n keer en verhoog dan hoe lank en vinnig jy touspring soos jy begin gewig verloor en fikser word. Wat jou dieet aanbetref, help dit om jou vetinname te verlaag. Jy kan 'n gebalanseerde lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet probeer (klik op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy, dan op 'Healthy Diets' en dan op 'Slimming Diet' vir ‘n voorbeeld van so 'n dieet). Indien jy steeds nie gewig kan verloor met die oefening en die lae-vet-dieet, sal dit miskien 'n goeie idee wees om jou huisarts of ginekoloog te spreek sodat die dr jou hormoonvlakke (tiroïed, insulien en vroulike hormone) kan toets om seker te maak dat daar nie fout is nie.Sterkte met jou besige lewe
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Annemarie | 2011/02/21

Hallo Goose
Ek weet jy rig jou vraag aan diet doc. Wil nie inmeng nie. Ek het ook altyd my skildklier laat toets en dit was nog altyd reg. Hoekom kyk jy nie dalj of jy insulien weerstandig kan wees nie? Ek is tans op Glucophage en moet lae gi en low fat eet. Dit is nie n quick fix nie, maar ek gaan deurdruk. As jy wil sal ek jou my plannetjie stuur. Byt vas en moenie moed opgee nie. Sterkte met jou 3 woelwaters. Ek haal my hoed af vir jou. Ek hoor ook dat jy se jy het nie tyd vir oefen nie, maar ek dink jy het hulp nodig met kidz. Jy gun jouself dit. Sterkte.

Reply to Annemarie
Posted by: DietDoc | 2011/02/21

Beste Goose
Ek kan goed verstaan dat jou dag so vol is met verskillende verantwoordelikhede dat jy omtrent nooi tyd kry vir jouself nie. Jou huidige BMI = 36, wat hoog is. As jy jou gewig kan verlaag tot 81 kg, sal jy in die oorgewig kategorie wees en nie langer obees wees nie, maar dit beteken dat jy 17 kg moet verloor as eerste stap na jou nuwe liggaam. Later kan jy konsentreer op die ander 14 kg - doen dinge in hanteerbare stappe. Indien jy wel met strawwe oefening in die verlede gewig verloor het (?), dan kan jy daaraan dink om tou te spring op tye tussen in al die ander bedrywighede (bv. as die kinders slaap of in jou etenstyd want dan sal jy nie na 'n gimnasium hoef te ry nie). Begin stadig vir ongeveer 10 min op 'n keer en verhoog dan hoe lank en vinnig jy touspring soos jy begin gewig verloor en fikser word. Wat jou dieet aanbetref, help dit om jou vetinname te verlaag. Jy kan 'n gebalanseerde lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet probeer (klik op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy, dan op 'Healthy Diets' en dan op 'Slimming Diet' vir ‘n voorbeeld van so 'n dieet). Indien jy steeds nie gewig kan verloor met die oefening en die lae-vet-dieet, sal dit miskien 'n goeie idee wees om jou huisarts of ginekoloog te spreek sodat die dr jou hormoonvlakke (tiroïed, insulien en vroulike hormone) kan toets om seker te maak dat daar nie fout is nie.Sterkte met jou besige lewe
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement