advertisement
Question
Posted by: DIEET NA OPERASIE | 2009/07/21

what to eat

my seun het so-pas ' n breuk - maag klep operasie gehad en kan blykbaar vir die eerste week of so net vloeistowwe inneem . Ek wil graag weet watse soort sop ek vir hom kan gee , soos byvoorbeeld, mag daar uie in groentesop wees, al dan nie?) , of wat sal jy kan aanbeveel

Dankie by-voorbaat

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Dieet Na Operasie
Na 'n mantelvlies operasie, behoort die pasiënt eers vloeistowwe, en dan sagte kosse wat nie winde veroorsaak nie, te gebruik. Streng gesproke, kan uie en knoffel winde veroorsaak en dit mag pyn tot gevolg hê. Maak dus groentesop en versap dit, sodat jou seun dit makliker kan insluk. Pap wat met melk verdun is, jellie, vla, sagte roomys, vrugtesappe, jogurt en jogurt drankies en "smoothies" gemaak met vrugte, heuning, en melk, behoort almal aanvaarbaar vir hom te wees. Soos hy herstel kan jy dan stadigaan sagte gewone kosse soos kapokaartappels en baie fyn gemaalde vleis, ens, bedien. Ek hoop jou seun herstel goed van die operasie.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Natashia | 2016/03/09

Goeie dag. ek het `n paar jaar terug vir die breuk en maag klep operasie gegaan en het so elke nou en dan vreeslike pyn. Ek word deur die nag wakker met pyn tussen my blaaie en vreeslike pyn waar my klep sit. Ek het eer gisteraand wakker geword en van 1 - 4 die oggend in die huis rond geloop, was toe hospitaal apteek toe om pille te kry maar is ook te bang om als te drink (het toe vreeslik op gegooi van al die pille). Nou sit ek by die werk, nog bietjie pyn in my skouers en seer waar die klep sal sit. Ek het nie medies nie so dit help nie.....eks ook te bang om iets te eet want wil nie vanaand wakker le nie. Watse pille is die beste en watter tipe kosse moet ek vermy etc? Asb, hulp sal vreeslik waardeer word! Groete

Reply to Natashia

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement