advertisement
Question
Posted by: worried | 2012-01-24

what to do

Hi dok, ek wil regtig gewig verloor en ly boonop on " kompulsiewe ooretery"  Dit gaan goed by die werk maar sodra ek by die huis kom wil ek net peusel. Dit sal nog goed gaan tot in met my bord aandete. maar slaaptyd, dra my man nog chips en toast ens kamer toe. ek kan regtig nie nee sê  nie en ek het hom al gesmeek om dit nie te doen nie. Wat kan ek doen?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Worried
Verskoon tog dat ek vandag eers jou vraag beantwoord, maar my rekenaar is Maandagaand letterlik 'gebraai' weens weerlig en ek het eers vanoggend weer my nuwe PC ontvang.
Dit is regtig destruktief dat jou man elke aan skyfies en roosterbrood slaapkamer toe dra na aandete. Dit kan tog ook nie vir sy gesondheid of gewig goed wees nie? As hy nie vir jou in jou poging om gewig te verloor, wil ondersteun nie, dan kan ek net voorstel dat jy 'n ultimatum aan hom stel dat jy in 'n ander kamer sal slaap totdat hy ophou eet in julle slaapkamer! Drasties, maar miskien nodig. Of jy kan 'omgekeerde sielkunde' op hom gebruik en dubbel soveel kos kamer toe dra en as hy vra wat jy doen, dan sê jy: "Ek is besig om jou goeie voorbeeld te volg!" Moedig hom dan aan om alles op te eet en as hy klaar is, dan kan jy weer kombuis toe loop en meer kos gaan haal, ens. Tot tyd en wyl dat hy ook siek en sat is vir hierdie ooreet na aandete.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: worried | 2012-01-26

haha dankie dokter. ek dink ek gaan eers die ander slaapkamer ene probeer. Sterkte met die PC en weerlig.

Reply to worried
Posted by: DietDoc | 2012-01-26

Beste Worried
Verskoon tog dat ek vandag eers jou vraag beantwoord, maar my rekenaar is Maandagaand letterlik 'gebraai' weens weerlig en ek het eers vanoggend weer my nuwe PC ontvang.
Dit is regtig destruktief dat jou man elke aan skyfies en roosterbrood slaapkamer toe dra na aandete. Dit kan tog ook nie vir sy gesondheid of gewig goed wees nie? As hy nie vir jou in jou poging om gewig te verloor, wil ondersteun nie, dan kan ek net voorstel dat jy 'n ultimatum aan hom stel dat jy in 'n ander kamer sal slaap totdat hy ophou eet in julle slaapkamer! Drasties, maar miskien nodig. Of jy kan 'omgekeerde sielkunde' op hom gebruik en dubbel soveel kos kamer toe dra en as hy vra wat jy doen, dan sê jy: "Ek is besig om jou goeie voorbeeld te volg!" Moedig hom dan aan om alles op te eet en as hy klaar is, dan kan jy weer kombuis toe loop en meer kos gaan haal, ens. Tot tyd en wyl dat hy ook siek en sat is vir hierdie ooreet na aandete.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.