advertisement
Question
Posted by: Anonymous | 2009/06/07

weightloss

liewe doc.
ek probeer gesond gewig verloor. ek probeer die weighless dieet volg, maar vind dat ek baie beter gewig verloor as ek minder carbos eet. Weighless is 5 porsies carbos ' n dag. kan ek miskien liewer 2 porsies carbos eet en my vrugte verhoog met twee porsies.

' n dag se kos lyk soos volg
carbos 2 porsies
groente 3-5 porsies
vrugte 3-porsies
melk - 2 porsies
vette - 2 porsies
ek is desperaat om gewig te verloor. Ek is 37, weeg 84kg en is 1.63 m lank. Ek is op estrofem 1mg.
is hierdie eetplan veilig

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Leserin
Jou huidige BMI = 31,6 wat baie hoog is. Dit sal dus 'n goeie idee wees om gewig te verloor. As jy die Weigh-Less-dieet volg, behoort jy eintlik daarby te hou, want as mens dink hoeveel duisende persone in SA en elders deur hierdie program gehelp is om gewig te verloor, dan spreek dit boekdele oor hoe suksesvol hulle plan is. En kan net aanraai dat jy jou veranderings vir 2 weke probeer om te sien of dit wel vir jou werk. Indien nie, gaan dan asb terug na Weigh- Less se dieetplan. Onthou tog dat koolhidrate nie die vyand is nie aangesien dit slegs 16 kJ per gram bevat, terwyl vette 37 kJ/g verskaf - 'n groot verskil. Soos jy begin gewig verloor, sal ek ook aanraai dat jy elke dag begin oefen. Kies 'n oefening wat jy maklik kan doen, soos stap of fietsry of swem en doen dit elke dag vir 30 min. Oefening help vir gewigsverlies en ook om met 'n dieet te volhard.
Ek hoop jy begin nou mooi gewig verloor.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement