advertisement
Question
Posted by: AMANDA | 2010/04/10

WEIGHT GAIN

EK WEEG 47 KILOGRAM EN WIL GRAAG GEWIG AANSIT EK IS 47 JAAR OUD EN EK HET GEWONDER OF EK NIE DALK N OORAKTIEWE SKILDKLIER HET NIE WANT EK SUKKEL OM GEWIG OP TE TEL EK EET 3 MAALTYE PER DAG ONTBYT KAN EK EERS BY 10 UUR SOGGENS EET WANT EK KAN NIE SO VROEG EET NIE HET ADVIES NODIG ASB

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Amanda
Dit is amper net so moeilik om gewig op te tel as om dit te verloor. As jy dink jou skildklier is ooraktief, moet jy so gou as moontlik jou dokter gaan sien dat hy/sy toetse kan laat doen aangesien 'n ooraktiewe skildklier jou hele metabolisme negatief kan aantas. Indien jy wel 'n ooraktiewe skildklier het, sal die dr dan die aangewese behandeling voorskryf. Lees gerus ook die artikels oor gewigstoename: kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Diet Basics' en 'Weight gaining' om raad te kry oor die soort supplemente en oefening wat sal help. Firmas soos Nestle, onder andere, maak maaltydsupplemente. Bel die Nestle Verbruikersdienste by 0860 09 6789 en vra hulle oor "Nutritional Supplements" om jou energie-inname te verhoog. Basies behoort jy meer kos in te neem, of deur geleidelik jou kosinname by elke maaltyd te verhoog, of deur supplemente BENEWENS jou gewone maaltye in te neem (nie om maaltye te vervang nie!), of deur meer gesonde versnaperings tussen maaltye te eet. As jy 200 ml van 'n maaltyd supplement 3 x dag gebruik, behoort jy 1 kg per week op te tel. Ander lesers het terugvoer gegee dat hulle baie tevrede was met die gebruik van sulke hoë-energie supplemente.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Mariana | 2010/05/13

Ek wil graag meer weet oor die simtome van ''n ooraktiewe sklidklier. Ek is met een gediagnoseer my T3 en T4 is baie hoog ek drink op die oomblik neo-mercazole maar my dokter het aanbeveel dat my skildklier verwyder word of met jodium bestraal moet word. Ek sukkel om inligting oor die verskillende behandelings vir ''n ooraktiewe skildklier te kry so ek het gewonder of jy my dal meer inligting kan gee

byvoorbaat dankie

Reply to Mariana
Posted by: DietDoc | 2010/04/11

Beste Amanda
Dit is amper net so moeilik om gewig op te tel as om dit te verloor. As jy dink jou skildklier is ooraktief, moet jy so gou as moontlik jou dokter gaan sien dat hy/sy toetse kan laat doen aangesien 'n ooraktiewe skildklier jou hele metabolisme negatief kan aantas. Indien jy wel 'n ooraktiewe skildklier het, sal die dr dan die aangewese behandeling voorskryf. Lees gerus ook die artikels oor gewigstoename: kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Diet Basics' en 'Weight gaining' om raad te kry oor die soort supplemente en oefening wat sal help. Firmas soos Nestle, onder andere, maak maaltydsupplemente. Bel die Nestle Verbruikersdienste by 0860 09 6789 en vra hulle oor "Nutritional Supplements" om jou energie-inname te verhoog. Basies behoort jy meer kos in te neem, of deur geleidelik jou kosinname by elke maaltyd te verhoog, of deur supplemente BENEWENS jou gewone maaltye in te neem (nie om maaltye te vervang nie!), of deur meer gesonde versnaperings tussen maaltye te eet. As jy 200 ml van 'n maaltyd supplement 3 x dag gebruik, behoort jy 1 kg per week op te tel. Ander lesers het terugvoer gegee dat hulle baie tevrede was met die gebruik van sulke hoë-energie supplemente.
Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.