advertisement
Question
Posted by: sandy | 2008/09/05

weigh loss

ek was die hele week op ' n detox en kan glad nie agterkom dat ek of cm of gewig verloor het nie. help asb ek begin ' n low fat dieet maandag. het 14 kg om te verloor

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Sandy
Ek is nie oortuig dat hierdie detoks-diëte eintlik help vir verslanking of enigiets anders nie. Dit help miskien sielkundig om 'n persoon voor te berei vir verslanking, maar oor die algemeen kan dit meer skade as goed doen. Ek is bly om te hoor dat jy Maandag met 'n lae-vet dieet begin. Hopelik is die dieet gebalanseerd en bevat dit al die kosgroepe sodat jy gesond en verstandig kan gewig verloor. Indien moontlik is dit ook baie voordelig om elke dag ten minste 30 minute se aërobiese oefening te doen ( fietsry, swem, touspring, flink stap, of hardloop, of by 'n gimnasium of 'Walk for Life' aansluit) want dit help met gewigsverlies, stimuleer jou metabolisme en laat jou meer positief oor die lewe voel.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Zexeon | 2008/09/05

Ag, dit sou jou darm in die regte stemming sit. Sterkte met jou diet.

Reply to Zexeon

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement