advertisement
Question
Posted by: DESPERAAT | 2011/07/26

WEIGH LESS

Hallo Doc
Ek is baie kwaad en ontvrede met myself. Ek het 21 kg om te verloor en ek het 3 weke terug by die Dieet waarvan almal praat aangesluit. Almal sê  dis so wonderlik en hulle verloor gewig teen ''n speod, behalwe ek. Ek het alles reg gedoen en ek is na 3 weke 2kg swaarder. Ek het die dieet gelos en gister by Weigh-Less aangesluit. Ek is bang dat ek weer nie gaan gewig verloor nie? Is Weigh-Less ''n goeie opsie? Ek het ook nou by aerobics klasse aangesluiit waar ek 3 keer ''n week aerobics gaan doen. Ek is raadop. Hoe meer ek probeer maerder word, hoe vetter raak het. Ek is 41 en weeg 89kg. Ek is 1.67m lank. Ek was nog nooit in my hele lewe so vet soos nou nie. Ek het ''n histerektomie gehad, maar ek het nog steeds my eierstokke en is nie om enige hormoonbehandeling nie. Help asb!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Desperaat
Ek is jammer om te verneem dat jy geld uitgegee het op die ‘dieet waarvan almal praat’, maar ek is nie verbaas dat dit nie vir jou gehelp het nie. Jou huidige BMI = 31,9, wat baie oorgewig is. Om weer terug te keer na die normale vlak met 'n BMI van 25, behoort jy 70 kg te weeg, dus 'n verlies van 19 kg. Dit is uitstekend dat jy nou by 'n verstandige organisasie soos Weigh-Less aangesluit het. Hulle het al duisende mense van alle ouderdomme gehelp om gewig permanent te verloor en hulle gebruik geen fop-diëte of potensieel gevaarlike inspuitings, pille of foefies nie. Volg asb nou die Weigh-Less program stiptelik en woon daardie aërobiese klasse by. Jy kan ook probeer om elke dag te gaan stap vir 30 min per dag in die vars lug, sodat jy elke dag oefening kry. Jy sal sien dat jy wel begin kg en cm verloor teen 'n stadige, maar gereelde tempo, maar jy moet asb volhard by die program en dit kans gee om jou gewig te begin verminder.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Racoon | 2011/07/28

Hi Desperaat

Ek is op Weighless en het die afgelope paar maande al 5 kg verloor. Die goeie ding van Weighless is dat dit nie ''n dieet is nie. Mens raak net gewoond daaraan om die regte kos keuses te maak en die porsiegroottes te verminder. Ek is baie lief vir eet en ''graze'' die hele dag. Weighless is perfek daarvoor. Mens eet ook baie, en dinge soos pizza en wyn is glad nie eens uitgesluit nie. Ek kan dit 100% aanbeveel. My BMI het nounet onder die 30 gekom.

Reply to Racoon
Posted by: Esme Vosloo | 2011/07/26

Ek het ook gesukkel en toe het my dokter ciplatrim pilletjies aanbeveel om te gebruik saam met weigh-less. Dit werk regtig! Ek het 3kg in 2weke verloor

Reply to Esme Vosloo
Posted by: DietDoc | 2011/07/26

Beste Desperaat
Ek is jammer om te verneem dat jy geld uitgegee het op die ‘dieet waarvan almal praat’, maar ek is nie verbaas dat dit nie vir jou gehelp het nie. Jou huidige BMI = 31,9, wat baie oorgewig is. Om weer terug te keer na die normale vlak met 'n BMI van 25, behoort jy 70 kg te weeg, dus 'n verlies van 19 kg. Dit is uitstekend dat jy nou by 'n verstandige organisasie soos Weigh-Less aangesluit het. Hulle het al duisende mense van alle ouderdomme gehelp om gewig permanent te verloor en hulle gebruik geen fop-diëte of potensieel gevaarlike inspuitings, pille of foefies nie. Volg asb nou die Weigh-Less program stiptelik en woon daardie aërobiese klasse by. Jy kan ook probeer om elke dag te gaan stap vir 30 min per dag in die vars lug, sodat jy elke dag oefening kry. Jy sal sien dat jy wel begin kg en cm verloor teen 'n stadige, maar gereelde tempo, maar jy moet asb volhard by die program en dit kans gee om jou gewig te begin verminder.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement