advertisement
Question
Posted by: Lala | 2010-10-11

Weigh Less

Hi Dok

Volg tans Weigh Less eetplan. Ek is baie vertroud met die plan want ek het dit al oor die jare baie gevolg. Ek is nou 42 maar het nou in die eerste week net 400gr verloor. Vorige kere het ek tussen 2 tot 3.5 kg verloor in die eerste week. Ek doen niks anders as vorige kere behalwe dat ek nou ook begin het om 30 min Taebo te doen op ''n dag. Ek weet dat gewig verloor moeiliker raak met die ouderdom wat aanstap, maar die beloning is tog wat die skaal vir jou wys. Ek is so teleurgesteld en weet nie wat ek moet doen om meer te verloor nie. Dit voel of daar iewers in my liggaam iets verkeerd is en ek weet nie wat nie.Ek neem wel medikasie vir onderaktiewe skildklier.
Ek oorweeg om dieetkundige te gaan sien, maar voel dat die weighless eetplan voldoen heeltemal aan wat ek nodig het om te volg. Al kosse wat ek nie altyd eet nie is al my groente, want dit wat ek die meeste van hou is vry groente so ek moet probeer om meer van die ander tipe groentes in te kry wat meer voedingstowwe bevat. Enige raad sal waardeer word.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lala
Die Weigh-Less eetplan is inderdaad 'n goeie manier om op 'n gebalanseerde wyse gewig te verloor. Jy is egter korrek dat dit moeiliker word om gewig te verloor soos die tyd aanstap. Elke poging om gewig te verloor wat gevolg word deur 'n toename in gewig kan ook mens se metabolisme negatief beïnvloed, en dit al hoe swaarder maak om wel gewig te verloor. Moenie nou al tou opgooi nie. Jy het immers nog net vir een week die Weigh-Less eetplan gevolg. Elke poging tot gewigsverlies is anders as die vorige een en jy het ook nou die probleem van 'n onderaktiewe skildklier wat jou metabolisme mag verlaag. Maak seker dat jy die korrekte dosis skildklierhormoon neem en vra jou dokter om jou skildklierhormoonvlakke na te gaan indien nodig. Pas die Weigh-Less eetplan noukeurig toe, doen jou oefeninge en gee jou liggaam kans om te reageer. Algemeen gesproke is mens veronderstel om tussen 0,5 en 1 kg gewig per week te verloor as jy 'n verstandige dieet volg. Moenie nou oorhaastig wees nie.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010-10-11

Beste Lala
Die Weigh-Less eetplan is inderdaad 'n goeie manier om op 'n gebalanseerde wyse gewig te verloor. Jy is egter korrek dat dit moeiliker word om gewig te verloor soos die tyd aanstap. Elke poging om gewig te verloor wat gevolg word deur 'n toename in gewig kan ook mens se metabolisme negatief beïnvloed, en dit al hoe swaarder maak om wel gewig te verloor. Moenie nou al tou opgooi nie. Jy het immers nog net vir een week die Weigh-Less eetplan gevolg. Elke poging tot gewigsverlies is anders as die vorige een en jy het ook nou die probleem van 'n onderaktiewe skildklier wat jou metabolisme mag verlaag. Maak seker dat jy die korrekte dosis skildklierhormoon neem en vra jou dokter om jou skildklierhormoonvlakke na te gaan indien nodig. Pas die Weigh-Less eetplan noukeurig toe, doen jou oefeninge en gee jou liggaam kans om te reageer. Algemeen gesproke is mens veronderstel om tussen 0,5 en 1 kg gewig per week te verloor as jy 'n verstandige dieet volg. Moenie nou oorhaastig wees nie.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement