advertisement
Question
Posted by: Helena | 2011/10/12

Weet nie wat is fout nie

Hallo dokter

Ek ervaar die volgende simptome:
* Maak nie saak of ek vroeg of laat gaan slaap nie, ek bly moeg op staan. Ek het nie nagmerries en word ook nie wakker soos iemand wat bekommernisse het nie. Ek slaap vas en reg deur die aand.
* My oë  is droog en krapperig. Ek dra -|- aklense, maar selfs met nuwes gebeur dit ook. Het al gekyk, my oë  is nie rooi of bloederig nie
* Ek sit by my lessenaar by die werk of bestuur my motor, dan raak ek aan die slaap.
* Ek is misluk en ongemotiveerd oor alles
* Ek het nou daagliks hoofpyn wat omsit in migraines (naar, braking)
* Ek vergeet belangrike goed en my kop voel dof
* Ek sukkel met stywe spiere. Alhoewel ek my strek oefeninge doen soos die fisio dit vir my geleer het
* Ek is verskriklik emosioneel. Nie humeurig nie, meer huilerig.
* Ek eet oor die algemeen gesond. 6 klein porsies ''n dag en stap 1 keer ''n week vir 1 uur. Ek het geen veranderinge aan my dieë t of medikasie gemaak nie. Ek drink elke oggend my Mercilon, 2 x Oxiprovin, 1 x Omega 3 en 6 tablet.

Ek begin dink ek dink my siek. Maar ek kan eenvoudig nie meer die moegheid hanteer nie.

Is dit iets om oor dokter toe te gaan?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Helena

Moegheid is 'n algemene klagte en beinvloed baie mense se lewensgehalte. Daar is vele moontlikhede wat ondersoek moet word en ek stel daarom voor dat jy jou dokter vir 'n ondersoek en bloedtoetse konsulteer. Verwys na die volgende artikel oor moegheid en die moontlike oorsake daarvan: http://en.wikipedia.org/wiki/Fatigue_(medical)#Chronic_fatigue

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement