advertisement
Question
Posted by: Karen | 2012/04/15

Weet nie wat is fout?

Twee weke terug (maandag) staan ek op en voel glad nie goed nie, ek het ma aangegaan met my dag se take maar teen Woensdag wou ek net slaap. Die aand toe ek bad sien ek het orals uitgeslaan met klein rooi kolle. My seun was ook siek so ons neem aan die Duitse Masels, aangesien ons dit nog nie gehad het nie.

Ons is see toe die Donderdag oggend (skool vakansie), heel dag geslaap en Vrydag. Saterdag beter begin voel en Sondag in see geswem. Maandag terug. Dinsdag kom al die simtome weer terug x 2.

As ek opstaan het ek ''n steek kopseer dat dit voel of my oe gaan uitpop. My ore is toe en ek kan nie my kop vinnig draai nie dan steek die kopseer in die hoogte in. Naar as ek water drink, duislig. Oe sensitief. Ek het woensdag, donderdag en vrydag net geslaap. My kind skool toe gevat, gaan slaap alarm gestel om hom te gaan haal, weer gaan slaap, alarm gestel om aandete te maak. Ek het geen krag nie. Vrydag bel ek ''n suster, want jy kan mos niks vat of doen met Duitse masels nie. Sy se ek moet maar inkom die Saterdag. Klink nie reg.

Dis vandag Sondag, Volgens die dokter het ek of klierkoors of bosluiskoorts. Maar ek het geen koors nie??? Hy het ''n lot antibiotika gegee en pille. Dit is verstreerend om nie te weet wat jy het nie. Hy''t selfs malaria genoem. Maar nie een van hulle is jou ore toe en oe seer met ''n kopseer wat jou na trane dryf. Ek voel wel beter vandag, met soveel pille (7) moet een seker werk. Het julle ander voorstelle wat dit kan wees? Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHeadache expert

Beste Karen,

Ongelukkig kan ek nie 'n diagnose maak met die beperkte inligting nie. Die feit dat jy 'n uitslag het beteken dat daar een of ander ontsteking is. As jou dokter nie kon diagnoseer wat die fout is, dan moet ek aanbeveel dat jy 'n ander dokter so gou moontlik sien.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Karen | 2012/04/15

Baie dankie, Die dokter het vir my 2 antibiotica gegee nl.
Cyclidox (2 keer per dag) en Purmycin (4 keer). Dan Mylan Diclofenac Sodium, Prednisone en nucopain. Ek kan nie glo dat ek vandag so beter voel so vinnig nie. My man se ek moet oppas want die pille laat jou " dink"  jy voel beter. Ek dink ook ek moet dalk na ''n ander dokter gaan, of ek moet kyk wat die antibiotika doen. Ek weet nie wat om te doen nie. My seun wat ook ''n uitslag en siek was het gou herstel. Ek het net verlede Donderdag geskrik toe hy wou opstaan en kon nie op sy bene staan nie. Ons moes hom ronddra.

Reply to Karen
Posted by: Headache expert | 2012/04/15

Beste Karen,

Ongelukkig kan ek nie 'n diagnose maak met die beperkte inligting nie. Die feit dat jy 'n uitslag het beteken dat daar een of ander ontsteking is. As jou dokter nie kon diagnoseer wat die fout is, dan moet ek aanbeveel dat jy 'n ander dokter so gou moontlik sien.

Reply to Headache expert

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement