advertisement
Question
Posted by: Janine | 2009/04/16

Weet nie meer nie.

Ek voel soos ' n baie siek - ou vrou.Net 24.
EK is gedurig moeg, al slaap ek soms amper 11 ure. agv my werksure.
EK is negatief en so depressief ( op wellbutrin )
EK het konstante sinus probleme, het nou al migraine vir 4 dae ag daarvan.Gebruik regte neusproei en alles.
Het , ek dink ' n yeast infection al is dit baie lig.Maar maak my mal.Het al die rome daarvoor gebruik en dit werk nie meer nie.
Ek mis gedurig my maanstonde, lyk my my hormone is baie deurmekaar.Huil vreeslik maklik en het moodswings. EK voel net soos ' n tape wat verkeerd opgerol is. Eet so gesond as wat my budget kan toelaat.Ek wil net weer vir ' n slag normaal voel en sonder pille hoef klaar te kom om alles beter te maak. O ja en ek slaap so so sleg, dalk omdat ek so baie slaap maar dis al wat my liggaam wil doen.Ek het drome reg deur en kan byne amper alles ontdou.
Moet ek aparte dokters gaan sien bv. Na gynea en dan ' n gp en dan ' n psigiater of is daar iemand wat ek kan gaan sien wat my sal kan uitsort met al die goed.
Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Janine

Begin deur jou GP te sien - vra hom om asb jou suiker, jou ystervlakke, jou skildklier en 'n volbloed telling te doen om fisiese redes vir die moegheid uit te skakel. Jy kan dalk ook iets soos Sporanox vir daai lastige vaginale infeksie gebruik.

Wellbutrin is 'n goeie antidepressant maar kan angstigheid, slaaploosheid, menstruasie onreelmatighede en hoofpyn veroorsaak. Jy het dalk iets daarby nodig om sommige van die simptome te hanteer soos die gemoedskommelinge en huilerigheid - maar ek dink daarvoor moet jy liewer 'n psigiater sien, hulle weet meer van hierdie kombinasie behandelings af.

Jy slaap waarskynlik heeltemal te lig, dit veroorsaak dat jy nie genoeg serotonien hormoon maak nie, en dra by tot die moegheid en die depressie - 'n heksekringloop! Baie keer moet mens maar vir 'n rukkie 'n slaap pilletjie kry om te help om jou net weer in 'n behoorlike patroon te kry.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement