advertisement
Question
Posted by: Helena | 2012/06/11

Week 2 op Yasmin en maandstonde

Goeie mô re Dr

Ek is al vir 6 maande op Yasmin. EK is 2maande gelede as Insulien weerstandig verklaar en het vanaf een Glucophage na 1 twee ''n dag gegaan. Saam met dit 2weke gelede het ek Antagolin begin gebruik, wat help met Insulien weerstandigheid.

OP my 2de week van Yasmin en Antagolin het my maandstonde begin. Ek is veronderstel om dit eers hierdie naweek wat voorlê  te kry. Soos ek verstaan het van die pamplet en my navorsing op die internet is Antagoin heel veilig om te gebruik saam met jou voorbehoedmiddel.

Ek het ook in daardie 2weke ''n dieë etkundige gaan sien en reeds 2kg''s verloor. Wat kon hier fout gegaan het? Vandag is my 5de dag van maandstonde en dit raak nie minder nie. EK het die Antagolin Vrydag laas gedrink.

Enige moontlike verduideliking sal help.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Helena

Ek kan ongelukkig nie verklaar waarom jou maandstonde vroeer as gewoonlik begin het nie en waarom dit nog nie ligter is nie. Daar is baie faktore wat dit kan beinvloed en ek stel voor dat jy jou ginekoloog vir 'n ondersoek, papsmeer en sonar konsulteer om seker te maak dat daar nie onderliggende patologie teenwoordig is wat hierdie gebeure tot gevolg het nie. 'n Abnormale suiker metabolisme, soos in diabetes en insulien weerstandigheid, kan wel die oorsaak wees. Skildklier funksie moet ook getoets word.

Gaan gerus voort met die gebruik van Antagolin, aangesien ek nie dink dit die oorsaak van jou vroee maandstonde is nie.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Yolanda | 2012/10/01

Ek het vandag begin met my maandstonde en ek wil dit nou stop. Ek moet die dr gaan sien. Ek is net bang ek gaan nie weer gou ''n afspraak kry nie. Is daar iets wat ek kan doen om dit nou te stop?

Dankie

Reply to Yolanda

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement