advertisement
Question
Posted by: Helena | 2009/11/16

Wats fout?

Hallo dokter

Ek is al van Vrydag af duislig. My maag voel snaaks en my kop voel of dit van my lyf gaan afval (as dit sin maak). Ek het in die begin van die jaar my suiker laat toets, en dit was normaal. Ek het die naweek coke gedrink en vir my ' n kitkat gekoop, want my ma het gesê  my bloed suiker is laag, maar eks nogsteeds duislig. My kop pyn nie, en my ore slaan nie toe nie. Al wat ek soms agter kom, is ek raak naar op my maag as my kop so draai.

Wat kan dit wees? Ek het 4kg verloor die afgelope 3weke en ek dink my liggaam soek daai vetjies... O ja, en ek het sopas klaar gemaak met my menstruasie wat nogals erg was. Dit was baie en helder rooi

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Helena
Die duiseligheid wat jy beskryf klink soos vertigo en is baie keer 'n inflammasie of virale infeksie van die middeloor se balans sentrum. Jy sal dalk 'n voorskrif by jou dokter moet kry vir iets soos Stugeron
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Caren van Niekerk | 2009/11/25

My seun van 13jaar het verlede jaar Oktober erg koors begin kry. Ons is na Panorama verwys - verskeie toetse is gedoen. Bloedtoetse kon geen antwoorde gee nie. Hulle het ook die beenmurg 2keer getrek en daar was ook nie fout nie. Hy het vergrote kliere gehad wat verwyder is en ook getoets is en daar was ook nie fout nie. ' n Kolonoskopie en ook Laparofkopie is gedoen en ook daar is geen fout gevind nie. Gedurende Maart het die pediater Prednisone voorgeskryf en dit geleidelik verminder. Hy het die 26ste Mei die laaste Prednisone gedrink en nie weer tot op hede koors gekry nie. Ek is net baie bekommerd want hy is weer baie bleek en kla baie van duiseligheid. Partykeer is sy maag vas vir 3dae en dan gaan dit weer ewe skielik sommer 3 keer per dag. Hy kla ook van ' n snaakse kol op sy maag. Hy se dit voel asof hy suur het. Hy was ook so bleek en moeg toe hy die koors gehad het. Hy stres ook vreeslik baie oor die eksamen en ek weet nie of dit ' n effek kan he nie. Hulle skryf gelukkig klaar Vrydag. Die dokter wat my kind se mediese geskiedenis van die koors ken begin eers weer einde Januarie werk agv ' n rugoperasie. Ek is regtig baie bekommerd.

Reply to Caren van Niekerk
Posted by: cyberdoc | 2009/11/16

Hallo Helena
Die duiseligheid wat jy beskryf klink soos vertigo en is baie keer 'n inflammasie of virale infeksie van die middeloor se balans sentrum. Jy sal dalk 'n voorskrif by jou dokter moet kry vir iets soos Stugeron
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement