advertisement
Question
Posted by: LZ | 2010/12/20

Water retensie

My man kry die afgelope paar weke redelike erge water retensie, van so aard dat sy voete amper dubbel hul grootte swel. Hy het nie regtig iets in sy dieet of lewenstyl verander, behalwe om op te hou rook so 3 maande terug. Sy bloeddruk neig om bietjie hoë r te wees, maar niks uitermate nie. Is die water retensie iets om oor bekommerd te wees of moet hy maar net diuretika drink as dit voorkom?
Dankie!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo LZ
Nee, hy moet asb sy dokter sien. Dit kan 'n simptoom wees van niersiekte, hartversaking of lae protein telling in die bloed. Hulle moet bloedtoetse doen vir nierfunksie en ook 'n hartondersoek.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: ME | 2011/01/12

Ek het opgehou rook 3 maande gelede. Van 49kg is ek op na 60kg. My hande voete - feitlik my hele lyf swel op. My vel voel te klein vir my lyf. Ek draf/stap 3km oggend en aand en doen 3 keer week taebo en rus een dag elke 7 dae. Ek is op ''n gesonde eetplan. Eet 6 keer per dag klein porsies. Genoeg groente, vrugte ens. Ek wens ek kan weet wat is fout. Ek het al gedink dis beter om weer te begin rook!!! Toe het ek nie so goed gevoel soos nou nie, maar ek het nie met so baie water gesit nie! My GP het waterpille gegee. Ek dink 2l water per dag en glo my ek hol gereeld. As ek opstaan kan ek skaars op voete staan. Ek drink geen koffie net tee, water en granberry juice. Nou wat nou? My vel voel so styf en soms as ek oefen voel dit of ek my vel rek.... HELP TOG ASB

Reply to ME
Posted by: Cyberdoc | 2010/12/21

Hallo LZ
Nee, hy moet asb sy dokter sien. Dit kan 'n simptoom wees van niersiekte, hartversaking of lae protein telling in die bloed. Hulle moet bloedtoetse doen vir nierfunksie en ook 'n hartondersoek.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement